Verf ’n mon­ster

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ek suk­kel om op ’n kleur te be­sluit vir die bin­ne­mu­re van my huis – ek oor­weeg tans d­rie ver­skil­len­de k­leu­re, maar wat is die reg­te ma­nier om die verf­mon­sters teen die mu­re te verf? Hoe groot moet dit wees en wat­ter uit­wer­king het lig en an­der fak­to­re op hoe die kleur uit­ein­de­lik lyk?

Ka­rin Cron­jé van Hands On Cre­a­ti­ve Buil­ding & Ma­na­ge­ment ant­woord Die beste ma­nier om die per­fek­te verf­kleur te kies, is om die nu­we kleur op meer as een plek op ver­skil­len­de mu­re van die ver­trek te verf. Die kleur sal an­ders lyk in don­ker­der en lig­ter de­le van ’n ruim­te – verf daar­om voor­beel­de op min­stens t­wee mu­re.

Plak mas­keer­band in ’n vier­kant van min­stens 400 x 400 mm en skryf die naam van die verf­kleur daar­op. Verf min­stens t­wee lae van die kleur en volg die ver­vaar­di­ger se aan­wy­sings vir die droog­word­tyd tus­sen lae – dis ge­woon­lik so­wat t­wee uur, af­han­gend van die weer.

In­dien jy meer as een kleur wil toets, kan jy op el­ke muur ’n paar blok­ke verf, so 100 mm uit­me­kaar. Verf die lig­ste ska­ke­ring in die eer­ste blok en dan die don­ker­der ska­ke­rings. Ge­bruik die­self­de volg­or­de op al­bei toets­mu­re.

Kyk hoe die lig deur die loop van die dag in die ver­trek ver­an­der – dit be­ïn­vloed be­slis die verf­kleu­re. Kyk ook in die aand hoe jou hui­di­ge be­lig­ting die nu­we kleur laat lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.