Wa­ter- of o­lie­ba­sis?

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

V Wat

is die ver­skil tus­sen e­mal­je­verf met ’n wa­ter­ba­sis, e­mal­je­verf met ’n o­lie­ba­sis en PVA?

Nathalie S­ween­ey, bui­te­verf­ken­ner van Du­lux, ant­woord

Wa­ter­ba­sis­ver­we (ook a­kriel-e­mul­sies ge­noem), soos Du­lux A­cry­lic PVA en Du­lux Pe­ar­l­glo-e­mal­je­verf, ge­bruik wa­ter as dra­er vir die an­der be­stand­de­le wat aan elk­een van dié produkte sy eie spe­si­a­le ei­en­skap­pe gee.

Dank­sy die jong­ste teg­no­lo­gie het wa­ter­ba­sis­pro­duk­te tal­le nu­we voor­de­le bo produkte met ’n op­los­mid­del as ba­sis – tog is hul­le net so duur­saam soos laas­ge­noem­de.

Wa­ter­ba­sis­pro­duk­te kan ook Uv-lig be­ter han­teer, wat be­te­ken dit sal nie la­ter ver­geel soos produkte met ’n op­los­mid­del as ba­sis nie. Boon­op kan jy kwas­te en verf­drup­pels wat nog nie droog is nie, met wa­ter skoon­maak.

A­kriel-pva is ge­skik vir die mees­te op­per­vlak­ke, maar word ge­woon­lik op mu­re ge­bruik.

Ons Du­lux Pe­ar­l­glo Wa­ter­ba­se­de­mal­je­verf is spe­si­aal ge­for­mu­leer vir af­wer­kings, mu­re, deu­re en meu­bels – dis be­stand teen kap- en krap­mer­ke, sal nie af­dop nie en bied ’n glad­de sa­tyn­af­wer­king wat nie sal ver­geel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.