’n Sa­li­ge bin­ne-bui­te-leef­styl in ’n kom­pak­te ruim­te op Suur­braak

Dié kom­pak­te toe­vlug op Suur­braak is weg­ge­steek tus­sen die bo­me waar die ei­e­naars deel voel van die na­tuur.

Tuis - - CONTENTS -

B­rid­get Im­pey en Mag­gie Da­vey het ja­re lank een be­si­ge stad (Jo­han­nes­burg) vir ’n an­der (Kaap­stad) ver­ruil wan­neer hul­le met vakansie ge­gaan het. Maar waar­na hul­le eint­lik ge­smag het, was ’n wa­re weg­breek; toe be­sluit hul­le om die va­kan­sie­huis van hul dro­me te bou – ’n af­ge­son­der­de hui­sie on­af­hank­lik van die krag­net­werk bui­te Suur­braak.

“Hier kweek ge­sin­ne nog hul eie groen­te, jong mans ry hul per­de bloots deur die dorp en al­mal swem saam in die Buf­fel­jags­ri­vier,” sê B­rid­get.

Die paar­tjie het die 1 800 m²-erf in 2004 ge­koop. Dis om­ring deur ’n boe­ken­hout­woud en so­wat 3 km bui­te die mid­de­dorp.

“Die om­ge­wing was vir ons wild en i­dil­lies, en die ei­en­dom was be­kos­tig­baar,” ont­hou B­rid­get. “Maar vir ja­re na­dat ons die erf ge­koop het, het ons net af en toe kom kui­er en meest­al net die ter­rein skoon­ge­maak.”

Maar dit al­les het ver­an­der ná ’n vakansie in 2013 in Kam­bod­ja. “Ek en Mag­gie het deur die oer­woud ge­reis en ge­sien hoe won­der­lik dit is om een­vou­dig te leef. Die hui­se met die hang­mat­te op die dek, wat ti­pies is van die streek, was vir ons prag­tig,” ver­dui­de­lik B­rid­get.

Met hul te­rug­koms in Suid-A­fri­ka het hul­le be­gin be­plan pre­sies waar die dek op hul ei­en­dom sou staan; dis daar­die self­de jaar nog ge­bou. “Vir Kers­fees 2014 het ek, Mag­gie, my dog­ter, skoon­seun en twee klein­kin­ders al­mal op die dek ge­kamp – en dit was die heer­lik­ste vakansie!”

Ge­du­ren­de 2015 het B­rid­get en Mag­gie met die ken­ners by 26’10 South Ar­chi­tects saam­ge­werk aan ’n plan vir hul hout­hui­sie; baie daar­van is op die ein­ste dek uit­ge­dink.

Hul huis is die­self­de jaar vol­tooi en daar­die Kers­fees kon hul­le hul nu­we bly­plek die eer­ste keer be­nut. Pu­re ge­not!

Hart en siel

B­rid­get en Mag­gie wou ’n be­skeie bly­plek­kie hê son­der dat dit be­knop voel. “Ons wou om­ring wees met pret­ti­ge, ge­mak­li­ke i­tems wat lank hou,” sê B­rid­get.

Al­bei is uit­ge­wers by Ja­ca­na Me­dia, en hul be­trok­ken­heid by boe­ke het ’n rol ge­speel in die be­plan­ning van die huis. “Dit het be­slis ’n in­vloed op die ma­nier hoe ons na die wê­reld kyk,” ver­dui­de­lik B­rid­get.

Trou­ens, hul­le het die boek Con­tem­po­ra­ry South A­fri­can Ar­chi­tec­tu­re in a Lands­ca­pe of Tran­si­ti­on, saam­ge­stel deur Hen­ning Ras­muss, T­horsten Deckler en sy vrou, An­ne Grau­p­ner, saam uit­ge­gee.

“Hul­le was dus die eer­ste men­se by wie ons gaan kers op­steek het toe ons be­gin dink aan bou,” sê B­rid­get. “Dit was so ’n aan­ge­na­me pro­ses om saam met hul­le te sit en be­plan aan ’n huis wat in al ons be­hoef­tes voor­sien: ’n en­ke­le slaap­ka­mer bo met ’n uit­sig wat ons laat voel of ons ho­ër as die boom­top­pe is, ’n werk­spa­sie, naat­lo­se vloei tus­sen bin­ne en bui­te, lek­ker kook­plek en oor­ge­noeg s­lim bê­re­plek wat nie te veel ruim­te in be­slag neem nie.”

Daar is be­slis geen ge­brek aan s­lim plan­ne vir bê­re­plek in dié huis nie; el­ke sen­ti­me­ter word doel­tref­fend be­nut so­dat die ruim­te nie be­knop voel nie. Al­les het sy plek en kan weg­ge­pak word in ver­skeie hoe­kies en gaat­jies, in­slui­tend on­der die dek. “Ons het selfs van die ven­ster­ban­ke laat uit­haal so­dat ons nie in die ver­soe­king kom om goed daar staan te maak nie!” sê B­rid­get lag­gend.

“Ons is net dol oor die een­voud en ruim ge­voel,” voeg sy by. “Dis ons rus­ti­ge toe­vlug waar ska­pe, bok­ke, bees­te en ys­ter­var­ke vry rond­loop; waar ons ’n prag­ti­ge uit­sig op die Lan­ge­berg het; waar ons wa­ter uit die ber­ge kom en die e­lek­tri­si­teit van die son.

Ons is mal oor die ge­voel van bui­te en bin­ne wat soos een voel. – B­rid­get

Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring Ja­na-Ma­rie Koen

Die k­lein 87 m2-hui­sie se e­nig­ste slaap­ka­mer is in die sol­der­ruim­te en het ’n prag­ti­ge uit­sig op die om­rin­gen­de bos. Oop rak­ke bied pak­plek en staans­kink­bor­de word as bed­kas­sies in­ge­span. Die muur­ge­mon­teer­de lees­lam­pe is funk­si­o­neel son­der om te veel ruim­te in be­slag te neem. De­kens van Her­tex; kus­sing van Wey­landts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.