Le­ser­tuin ’n We­li­ge pa­ra­dys op Hei­del­berg, Wes-Kaap

In dié ka­rak­ter­vol­le tuin ge­dy ’n groot ver­skei­den­heid plan­te on­der die hand van ’n kre­a­tie­we tui­nier.

Tuis - - CONTENTS - Deur El­na van der Mer­we • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Vet erd­wurms is Sally P­re­to­ri­us se groot­ste suk­ses. “Toe ek my tuin be­gin het, was daar de­le waar nie eens ’n en­ke­le erd­wurm was nie. Van­dag is hul­le so groot dat ek mooi moet kyk of dit nie dalk k­lein slan­ge­tjies is nie!”

Dit het Sally vyf jaar ge­kos om haar tuin op Hei­del­berg in die Wes-Kaap ge­ves­tig te kry, maar van­dag kom die dorps­men­se graag hier­heen om trou- en ma­triek­af­skeid­fo­to’s te neem.

“Van­dat ek kan ont­hou het my ma, Mo­ni­ca van Eck, ’n prag­ti­ge tuin ge­had waar­in sy self ge­werk het. Sy was lief vir mooi klip­pe en plan­te en elk­een van ons drie kin­ders het ’n deel­tjie in haar tuin ge­had waar ons ons eie ding kon doen.

“Ek kan nie ont­hou dat ons ooit na ’n kwe­ke­ry toe is nie, want my ma het al­les van steg­gies ge­kweek of vrien­de en fa­mi­lie het plan­te uit hul tui­ne aan­ge­dra.”

Ter­wyl Sally voor­heen in P­re­to­ria ge­woon het, het sy ’n land­skap­ont­werp­kur­sus ge­volg en saam met haar me­de­stu­den­te tuin­dae en -skoue by­ge­woon vir inspirasie.

Dees­dae kry sy ook i­dees op Pin­te­rest. “En by my guns­te­ling-ont­wer­per, die B­rit­se tui­nier Alan Tit­ch­marsh,” voeg sy by. “Ek sal graag een­dag wil gaan kyk na die tuin wat hy in sy boek My Secret Gar­den be­skryf. Ja, en as ek een­dag groot is, sal ek ook die C­hel­sea-blom­skou in Lon­den wil be­soek. Dalk loop ek hom daar raak!”

Sally sê sy het deur die ja­re ge­leer dat daar geen hart­seer is wat nie ge­nees kan word deur tyd met jou vin­gers in die grond nie. “My lief­de vir tuin­maak is die­per ge­wor­tel as net mooi plan­te in ’n mooi ont­werp; dis vir my ’n spi­ri­tu­e­le band met my S­kep­per.” >> ’n Lieflike ou ei­ke­boom staan on­der in die ag­ter­tuin. Die boog (oor­kant) het Sally van paal­tjie­hei­nings ge­maak. “Ek vrek oor ou hek­kies soos dié en koop elk­een wat ek sien,” sê sy. Die hoë hei­ning is ’n Sy­zy­gi­um.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.