Vra die ken­ners 82 Vra vir JJ 83 Ougoed of hou­goed 84 Troe­tel­die­re

Soek jy raad om jou la­pa op te kik­ker? Wil jy ’n spie­ël­raam verf of spel­de­kus­sings oor­plant? Vra net – ons kry die ant­woor­de.

Tuis - - CONTENTS - Saam­ge­stel deur Kim A­rend­se

’n Ge­sel­li­ge ruim­te Tes­sa S­mith van Win­burg skryf

Ons ou la­pa het ’n bê­re­plek ge­word en ek wil dit graag weer ge­bruik vir ont­haal, ver­al om­dat dit won­der­lik koel in die so­mer is. Ek wil ’n mo­der­ne voor­koms met ’n tik­kie vin­ta­ge-styl hê; ek wil ook die mu­re verf, maar is nie se­ker wat­ter kleur nie. Die vloer is le­lik en ek weet nie of ek dit moet te­ël of verf nie. Win­burg het ook baie on­ge­teer­de s­tra­te, so ons suk­kel ver­skrik­lik met stof – ons moes selfs ons swem­bad be­dek! Ek sou e­ni­ge prak­tie­se, be­kos­tig­ba­re raad waar­deer; ek wil so graag ’n ge­sel­li­ge kui­e­r­a­rea s­kep.

I­sa­bel Ba­rends van Lo­ve Le­mon In­te­ri­ors en Li­za Louw van Paint Ef­fects ant­woord Die eer­ste stap is om ont­slae te raak van al­les wat nie tot die ruim­te se at­mos­feer of doel by­dra nie. In­dien jy kan, bou die la­pa toe met s­ta­pel­deu­re en ven­sters. Dit sal ge­noeg lig in­laat en die stof uit­hou so­dat jul­le dit win­ter en so­mer kan ge­bruik.

Verf dit mooi

• Vir ’n mo­der­ne baad­jie kan jy die ste­ne toe­pleis­ter en in een van die vol­gen­de ska­ke­rings verf: Du­lux Sul­ta­na S­pi­ce 3 (’n san­de­ri­ge lig­bruin) sal die la­pa ’n neu­tra­le voor­koms gee. Ge­bruik hel­der kleu­re in jou by­kom­stig­he­de om die a­rea op te kik­ker. As jy ’n bie­tjie meer wil waag, oor­weeg Plas­con Ti­be­tan Clo­ak (’n tren­dy don­ker­grys). Ge­bruik lan­terns, ker­se en sand­kleu­ri­ge meu­bels vir kon­tras teen die grys ag­ter­grond. • Jy kan ook net die bak­ste­ne verf: Maak dit deeg­lik s­koon en wend ’n u­ni­ver­se­le on­der­laag aan, ge­volg deur ’n laag Plas­con Wall & All in ’n neu­tra­le kleur soort­ge­lyk aan die op­sies hier­bo. Oor­weeg ook om die pla­fon­bal­ke te verf, wat die la­pa rui­mer sal laat voel en prag­tig teen die strooi­dak sal lyk. • Dis goed­ko­per om die vloer te verf as om te­ëls te lê; kies ’n warm sand­kleur of ska­ke­ring van grys.

Vir die de­kor

• Ver­deel die la­pa in twee de­le met ’n eet­ka­mer­ta­fel en -stoe­le aan een kant en ’n kof­fie­ta­fel met rus­ban­ke na­by die vuur aan die an­der kant. An­ker dié deel met ’n groot vin­ta­ge-mat, of oor­weeg ’n was­ba­re bui­te­mat van Her­tex. • Bring kleur in met kus­sings in die vin­ta­ge­styl op die ban­ke en ’n tref­fen­de ta­fel­doek of -lo­per. Stof­feer die eet­ka­mer­stoe­le se sit­plek­ke ook met vin­ta­ge-lap. • Hang ’n oor­groot giet­ys­ter-kan­de­la­ber in die mid­del van die ver­trek, of hang lan­terns met fee­tjie­lig­te uit die dak. • Vet­plan­te in kleur­vol­le pot­te sal die a­rea ’n tik­kie aard­se styl gee.

Ons is dol oor T­hys en Co­let­te du P­les­sis se la­pa in Bloem­fon­tein (bo en oor­kant) wat in Tuis Werf 2015 ver­skyn het. Hul­le het die ruim­te met groot suk­ses in ver­skil­len­de funk­si­o­ne­le so­nes ver­deel.

Li­za

I­sa­bel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.