Le­ser­huis Dié toe­vlug op die Tuin­roe­te is die rus­tig­heid van­self

Linda en Al­ma­rie het hul droom­huis op die Tuin­roe­te ge­vind – nou voel dit of hul­le heeljaar met vakansie is!

Tuis - - CONTENTS -

Hul­le het ja­re lank pren­te uit tyd­skrif­te ge­knip wat uit­beeld hoe hul droom­huis moet lyk. Op hul ge­deel­de Pin­te­rest-aan­steek­bord was fo­to’s van lan­de­li­ke de­kor, Vic­to­ri­aan­se bad­ka­mers, tit­sels kleur teen wit ag­ter­gron­de en oop­plan-ruim­tes met ont­blo­te hout­bal­ke.

Maar die huis wat Linda, ’n gra­fie­se kuns­te­naar, en Al­ma­rie, ’n af­ge­tre­de skool­hoof, in 2014 ge­koop het, was ’n ou hout­huis met oud­mo­die­se de­kor, ’n klomp k­lein, som­ber ver­trek­ke en ’n oor­groei­de tuin. “Dit was ’n seer­oog, maar ons was da­de­lik ver­lief,” sê Linda van dié twee­slaap­ka­mer­huis op die kus­dor­pie Sed­ge­field op die Tuin­roe­te.

Die paar­tjie, wat al se­we jaar ge­troud is, het eers in Ta­ble View, Kaap­stad, ge­woon. Hul­le het baie i­dees vir ’n op­knap ge­had, maar die huis in die Kaap was net te groot dat hul­le al­les na hul smaak kon ver­an­der. Toe Al­ma­rie se seun Ni­co­las die nes ver­laat, het sy en Linda be­sluit om ’n klei­ner woon­plek te kry. Aan­ge­sien hul­le al dik­wels by Al­ma­rie se broer op Sed­ge­field ge­kui­er het, het hul­le ook daar be­gin huis soek – en dié op­knap­pers­droom ont­dek wat hul tuis­te sou word.

Nou, twee jaar la­ter, lyk dit pre­sies soos hul­le dit wou hê – tot die laas­te de­tail. >>

Dis reg­tig so lek­ker dat als by­der­hand is wan­neer ek kook

en ek nog steeds kan deel voel van die ge­sel­skap. – Linda

Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

Wie woon hier? Linda E­vans en Al­ma­rie Me­ad, hul hon­de, Sa­van­nah en Chloe, en ’n vis ge­naamd Blue WAAR Sed­ge­field, Wes-Kaap GROOTTE 152 m²

Vuur­pot deur Hot Art

’n Ou in­deks­kaart­kas in die in­gangs­por­taal word ge­bruik om los­goed in te bê­re. Dis ge­verf met An­nie Slo­an Old Whi­te, en el­ke laai is ver­sier met plak­boek­pa­pier wat daar­op vas­ge­plak en ver­se­ël is met deur­sig­ti­ge hout­se­ë­laar.

Al­ma­rie en Linda ge­niet ’n al fres­co-ete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.