Lang­pad­kos! Heer­li­ke hap­pies vir ’n piek­niek of pad­reis

Pak dié lek­ker­nye in vir pad­kos of ’n piek­niek!

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Me­di­ter­reen­se tor­til­las

On­der R85 • Ge­noeg vir 32 wie­le • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 5 mi­nu­te Dit kan moei­lik wees om tor­til­las vir in­pak­kos so te rol dat dit nie gaan mors nie. Dié ma­nier met stok­kies om­seil die pro­bleem.

Rooster 8 tor­til­las een-een lig­gies aan al­bei kan­te in ’n droë pan – dit maak dit mak­li­ker om te han­teer en ver­be­ter die smaak. S­meer ’n dik laag soet­ris­sie-hoe­moes, room­kaas of pes­to op. Volg nou met 3 sky­fies ham, dun­ge­sny­de kom­kom­mer, kaas en ’n strooi­sel ro­ket. Rol styf op, s­teek op vier plek­ke vas met stok­kies en sny in wie­le.

Pas­taslaai met cho­ri­zo

On­der R120 • Ge­noeg vir 4 ruim por­sies Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 300g pen­ne­pas­ta • 30ml o­lyf­o­lie • 2 (so­wat 350g) cho­ri­zo­wor­sies, ge­kap • 1 soet­ris­sie, ge­kap • 4 sel­de­ry­vin­gers, ge­kap • 1 brand­ris­sie, ge­kap • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • 200 g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer • 200 g o­ly­we, ont­pit • 125 ml ge­koop­te ta­ma­tie-pas­ta­sous • 30 ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie, ge­kap

1 Kook die pas­ta vol­gens die aan­wy­sings op die ver­pak­king tot al den­te.

2 Ver­hit die o­lie en braai die cho­ri­zo tot goud­bruin en geu­rig. Voeg die soet­ris­sie, sel­de­ry, brand­ris­sie, knof­fel en ta­ma­ties by en braai vir nog 3 mi­nu­te. Roer die o­ly­we en die pas­ta­sous by.

3 Meng die sous deur die pas­ta, geur met sout, pe­per en pie­ter­sie­lie en ge­niet by ka­mer­tem­pe­ra­tuur.

Pie­sang­brood­jies

On­der R75 • Ge­noeg vir 4 k­lein brood­jies Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Bak­tyd: 25 mi­nu­te

• 3 baie ryp me­di­um­groot pie­sangs • 125ml o­lie • 60ml melk • 100ml bruin­sui­ker • knip­pie sout • 2 ek­stra­groot ei­ers, ge­klits • 240g bruin­brood­meel • 10ml bak­poei­er • 100ml klap­per­skaaf­sels • 1 pas­ryp pie­sang • Nu­tel­la

1 Skil die ryp pie­sangs en sny in sky­fies. Sit dit saam met die o­lie, melk, sui­ker, sout en ei­ers in ’n meng­bak en pols met ’n staaf­men­ger tot glad. Sif die meel en bak­poei­er by (voeg die se­mels wat in die sif ag­ter­bly, ook by), voeg dan die klap­per by en vou in tot net ge­meng. S­meer 4 k­lein brood­pan­ne­tjies en s­kep die be­slag daar­in.

2 Sny die pas­ryp pie­sang in sky­fies en pak dit mooi bo-op die brood­jies. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond teen 160 °C vir so­wat 25–30 mi­nu­te of tot net gaar. Keer uit en laat heel­te­mal af­koel.

3 Om voor te sit, sny el­ke brood­jie ho­ri­son­taal in die leng­te in drie en s­meer ’n dik laag Nu­tel­la tus­sen die lae. Pak weer op me­kaar.

Wors­pas­tei

On­der R100 • Ge­noeg vir 1 pas­tei • Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te Bak­tyd: 25 mi­nu­te

• 9 frank­fur­ters • ’n lek­ker ta­ma­tie­sal­sa vir voor­sit DEEG • 200g meel • 125 ml bot­ter • 62,5ml me­di­um­vet room­kaas • 125 ml ched­dar­kaas, fyn­ge­ras­per • ’n ruim knip­pie rooi­pe­per

1 Maak die deeg Vryf die bot­ter by die meel in tot dit soos grow­we brood­krum­mels lyk. Voeg die res van die be­stand­de­le by en knie saam tot glad. Vorm in ’n plat skyf, draai toe in kleef­plas­tiek en laat rus in die ys­kas vir 20 mi­nu­te.

2 Rol die deeg dan in ’n reg­hoek uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak. Sny die reg­hoek in so­wat 6 ewe dik re­pe. Weef nou die deeg bo-oor en on­der­deur die wor­se soos op ons fo­to (dit help om op ’n vel bak­pa­pier te werk). Druk die pun­te by­me­kaar. Sit die “pas­tei” op ’n bak­plaat en bak in ’n voor­ver­hit­te oond teen 180 °C vir so­wat 25 mi­nu­te of tot die deeg goud­bruin en bros is. Dié pas­tei gaan baie aan­dag trek!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.