S­kep heeljaar ’n va­kan­sie­ge­voel by jou huis

Ry jy van­jaar met Jan Tuis­bly se kar­re­tjie? S­kep dan som­mer ’n va­kan­sie­ge­voel tuis. Kry inspirasie uit dié rus­ti­ge ruim­tes ...

Tuis - - CONTENTS -

1’n V­reed­sa­me kui­er­plek

Zel­da en Pie­ter S­trauss van Mos­sel­baai is groot kui­er­gees­te, en op ’n soel so­mer­aand sal jy hul­le heel waar­skyn­lik in hul styl­vol­le bin­ne­hof kry.

“Ek werk lang ure en is am­per al­tyd op ’n draf­stap,” sê Zel­da, wat saam met Pie­ter en hul dog­ters, Lee Nel en Zel­ma­rie S­trauss, ver­skeie Ara­besque-de­kor­win­kels in die Wes-Kaap be­sit. “Die bin­ne­hof is waar ons graag sit en ont­span en let­ter­lik niks doen – be­hal­we mis­kien aan ’n men­gel­dran­kie teug!”

Die bin­ne­hof is aan die suid­oos­te­kant van die huis, met mak­li­ke toe­gang tot die kom­buis. “Dis heel­te­mal be­skut teen die wind en lief­lik koel op so­mer­mid­dae,” sê Zel­da.

Die paar­tjie het hul huis in 1987 ge­bou en oor die ja­re het die bin­ne­hof ont­wik­kel in die tro­pie­se ruim­te wat dit van­dag is. Zel­da, ’n gees­drif­ti­ge rei­si­ger wat inspirasie put uit el­ke uit­hoek van die aar­de, het die lushof ver­sier met Mex­i­kaan­se by­kom­stig­he­de – ’n ver­ras­sen­de kom­bi­na­sie ti­pies van haar kre­a­tie­we aan­slag. >>

2 ’n Mooi uit­sig

Jo­sie en S­tu­art Hill het wou meer pri­vaat­heid hê vir hul ba­lau-dek in F­re­snaye op Kaap­stad se At­lan­tie­se kus­strook. Jo­sie het vo­ren­dag ge­kom met die i­dee van ge­druk­te vi­niel­skerms – kom­pleet met die see-uit­sig wat hul­le nog al­tyd be­geer het.

“Ons be­gro­ting was knap en daar was klaar so baie hout dat ons nie nog ’n hei­ning wou bou nie,” ver­dui­de­lik Jo­sie, ’n di­gi­ta­le­be­mar­king­stra­teeg. “Ons kon ook nie rank­plan­te ge­bruik nie, want dit sou deur die hei­ning na die bu­re se kant toe groei.”

Sy het Smart Art in Wood­stock ge­na­der vir i­dees, ge­leer hoe P­ho­toshop werk, die fo­to’s op iS­tockP­ho­to ge­kry en ure se ple­sier ge­had ter­wyl sy vier op­rol­skerms ont­werp het wat in ’n me­taal­raam pas.

“Ons het nie ’n tuin nie, maar met die dek het ons ’n al­ter­na­tief waar Hugo (5) en sy maats kan speel. Dis die per­fek­te plek vir ’n kop­pie tee of om te sit en ont­span ná ’n dag by die see. Ons luis­ter mu­siek, sit die fee­tjie­lig­gies aan en ge­niet die koel bries,” sê Jo­sie.

3 Vir lek­ker skuins lê

Bui­ten die op­rol­skerms is die an­der s­lim ont­werp-i­dee op die Hills se dek die ge­mak­li­ke dag­bed in die hoek. S­tu­art, ’n ei­en­doms­be­stuur­der, het dit self ont­werp en ge­maak.

Die dek is bo-op die ga­ra­ge aan die oos­te­kant van die huis, maar kry heel­dag son. ’n Dak van lat­te hou die dag­bed koel saam met rag­fyn ka­toen­gor­dy­ne, wat ’n ro­man­tie­se at­mos­feer s­kep. S­ka­du­net oor die gro­ter sit­ge­deel­te help ook om die res van die dek koel te hou. >>

Rol­skerms deur Smart Art; blou en ko­raal strooi­kus­sings, storm­lam­pe en kers in blou fles van @home; an­der strooi­kus­sings en de­kens, hoed, serp, lan­terns, kers in fles en hout­bak van Wool­wort­hs; fles met strooi­tjie, drink­glas (as vaas ge­bruik) en tur­koois plant­hou­er van MRP Home

’n Wa­ter­e­le­ment – het­sy ’n ja­cuz­zi of plon­spoel – is ’n won­der­li­ke ma­nier om warm so­mer­dae te be­nut. En die kal­me­ren­de klank van lo­pen­de wa­ter is een van die bes­te ma­nie­re om ’n rus­ti­ge ei­land­ge­voel te s­kep. “Daar’s min din­ge so lek­ker soos om op die stoep uit te span met ’n ys­koue glas wyn en in die ja­cuz­zi af te koel,” sê And­rea Wan­del, ’n ge­bo­re Duit­ser en ge­sond­heids­prak­ti­syn wat dié huis op So­mer­set-Wes met haar drie­ling­sus­ter Ma­ri­on deel.

“Ons we­li­ge tuin maak die ja­cuz­zi lek­ker pri­vaat en oor die va­kan­sie­tyd, wan­neer ons an­der sus­ter, Clau­dia, en vrien­de kom kui­er, bring ons die mees­te tyd hier deur en ver­my plek­ke wat we­mel van toe­ris­te.” And­rea en Ma­ri­on se dek front noord, maar teen laat­mid­dag gooi ’n groot kurk­eik (Qu­er­cus suber) wel­ko­me ska­du­wee. Die ti­pie­se Ca­pe Cod-styl van die huis en die aard­se af­wer­king ver­sterk die vakansie-ge­voel. Dek ont­werp en ge­bou deur Home Con­cept; mand­jie van Lo­ads of Li­ving; hand­doe­ke en by­kom­stig­he­de van Wool­wort­hs

Deur Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster, Hen­ri­que Wil­ding en Jus­tin Pa­trick Ma­ri­an van Wyk en S­hel­ly Bergh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.