’n Ver­val­le bus is nou ’n styl­vol­le va­kan­sie­huis op wie­le

’n Ge­ha­wen­de skool­bus is nou ’n ge­rief­li­ke mo­bie­le va­kan­sie­huis met al die ge­rie­we waar­van ’n mens kan droom. 47

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­ri­an van Wyk • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

‘ Nee. On­der geen om­stan­dig­he­de nie,” was Mar­tie Koe­ge­len­berg se in­tu­ï­tie­we re­ak­sie toe haar man, Gert, vroeg in 2013 bel met die nuus: “Bok­kie, ek gaan vir ons ’n bus koop.”

Ein­de van die de­bat, of so het Mar­tie, ’n DA-raads­lid op Ca­le­don, ge­dink. Sy lag as sy ont­hou hoe Gert ’n kwar­tier la­ter weer ge­bel het: “En­gel­tjie, ek het toe maar die bus ge­koop, dit was ’n bar­gain.”

Gert se kre­a­tie­we oog kon maar net nie die voos ge­roes­te ou skool­bus mis­kyk waar dit ge­ha­wend langs Bot­ri­vier S­teen­wer­ke ge­staan het as­of dit sy laas­te af­trek­plek is nie. Gert is im­mers ’n raak­vat-en­tre­pre­neur wat heer­li­ke bok­melk­kaas en rooi­wyn maak en reg­te, eg­te plaas­brood bak, en het sy eie e­lek­trie­se kon­trak­teurs­maat­skap­py.

Hy ver­tel: “Die vra­prys was R38 000 en ek kon vin­nig R10 000 by­me­kaar­skraap. Ek het vir die ei­e­naar ge­sê dis my de­po­si­to; as ek nie mô­re te­rug­kom met die res nie, is die R10 000 sy­ne.

“Ons het skaars die ding so af­ge­spreek en toe som­mer nog ’n bie­tjie af­slag ook be­ding, toe stop daar ’n ou met ’n bak­kie in ’n stof­streep en bied R40 000 aan vir die bus. Maar die ei­e­naar het voet by stuk ge­hou – die bus is my­ne vir R35 000.”

Toe Mar­tie be­sef die koe­ël is deur die kerk en hul­le is die ei­e­naars van ’n 1978-Bed­ford­bus wat Gert re­ken “in ’n goeie, lo­pen­de toe­stand” is, het sy gou die po­ten­si­aal van ’n mo­bie­le va­kan­sie­huis ge­sien en be­gin droom van i­dil­lie­se toe­re en ’n mooi leef­ruim­te bin­ne.

Maar dit sou nog heel­wat moei­te (en ge­duld) kos ...

Die vloer is teen roes be­han­del en met glas­ve­sel her­stel. “Toe het Gert heel eer­ste die so­lie­de bam­boes­vloer­plan­ke ‘in­ge­vloek’,” lag Mar­tie. “Dit was een van ons groot­ste uit­ga­wes; dit kan kon­den­sa­sie han­teer son­der om skeef te trek.” Die kuns­vol­struis­leer op die in­stru­ment­pa­neel (on­der) ver­skaf ’n tik­kie Ka­roo-flair. “Dis prak­ties weens die son, hit­te en vog waar­aan die pa­neel bloot­ge­stel word,” sê Gert.

Tof­fie die Be­agle is dees­dae ’n ge­sou­te bus­pas­sa­sier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.