Vars i­dees vir va­kan­sie­pret

Vul le­di­ge vakansie-ure met mooi­maak-pro­jek­te in en om die huis.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son en Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster en Hen­ri­que Wil­ding

Op sy troon­tjie

Dek ’n ta­fel vol pa­pier­ke­gels met blom­me vir el­ke gas. Dis nie net ver­sie­ring nie, maar ook ’n mooi huis-toe-neem-ge­sken­kie. DIY De­on het elk van dié staan­ders ge­maak deur drie laag­hout­blok­kies (een met ’n ron­de gat bo) aan me­kaar te lym, waar­na dit wit ge­verf is. Jy kan aan­plak-e­ti­ket­te ge­bruik as naam­kaart­jies, of dit verf met skryf­bord­verf en so el­ke gas se plek by die ta­fel merk. Aan­plak-e­ti­ket­te van Mr Pri­ce Home

Ge­not aan ’n tou

’n Bak­kie lek­ker­goed is ’n moet in el­ke huis, of hoe? In Ri­al Vi­sa­gie en Da­niel S­wa­ne­poel se huis op Ro­bert­son hang die lek­ker­goed in ’n glas­bor­rel van S­ha­des of Ng­we­nya in Jo­han­nes­burg. Mooi en lek­ker! >>

Ver­ras met blom­me

“Ek om­ring my graag met blom­me – reg­te blom­me en blom­mo­tie­we op al wat ’n op­per­vlak is,” sê Ka­tie Far­rin­ger, ’n gas­te­huis-ei­e­naar van S­tel­len­bosch. Sy het die mo­sa­ïek­kuns­te­naar Si­bon­gi­le Me­ma­ni ge­vra om selfs haar piz­za­oond met ’n blom­mo­tief te ver­sier. En kyk net die sier­li­ke roos­pa­troon teen haar muur (on­der). Die se­ment­re­li­ëf is met die hand ge­vorm en toe ge­verf. Fo­to’s ge­neem by Sky­view Ma­nor (071 852 3083, sky­vie­w­ma­nor-s­tel­len­bosch.co.za)

Huis­plan­te

Ons is mal oor die par­man­ti­ge tuin­hui­sies vol lug­plan­te in Sally P­re­to­ri­us se tuin op Hei­del­berg (lees en kyk nog tuin­fo­to’s op bl. 88). As jy ’n vo­ël­hui­sie in jou tuin het wat nie ge­noeg af­trek van jou ge­veer­de vrien­de kry nie, verf dit vro­lik, sit dit op ’n paal vas en maak ’n plant­jie daar­in tuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.