Hal­lo

Tuis - - HALLO - re­dak­teur@tuis.co.za

lLaas jaar be­sluit ek dis Jan Tuis­bly se kar­re­tjie vir my. Te moeg vir re­ë­lings tref, plan­ne maak – en bo­wen­al, daar’s huis­ta­kies wat al heeljaar pla; dit moet klaar­kom. Want kom die nu­we jaar, is daar weer nu­we pro­ble­me. Fout. Dit word uit­ein­de­lik ’n uit­ge­rek­te vakansie vol hand­lan­gers en verf­blik­ke en on­ein­di­ge be­soe­ke aan die ys­ter­wa­re­win­kel (dik­wels son­der suk­ses, want daai tyd van die jaar is net mooi als uit­ver­koop en “Nee me­neer, die sup­pliers is mos nou toe ...”). Een bin­ne­deur in my huis het nou nog ’n ou knip, want hier is dit nou ’n jaar la­ter en ek was nog nooit te­rug win­kel toe om die nu­we knip te gaan koop nie.

Hier­die jaar be­sluit ek: Nie weer nie. Ek be­spreek ’n vakansie weg, stuur e-pos vir die hon­de­ho­tel so­dat As­gat ver­sorg kan wees, en sit ver­lof in. Weg is ek. Die huis­ta­kies moet maar wag.

Glo dit as jy wil, maar diep bin­ne my is iets wat krie­wel. Want ek hou van my huis, en dis vir my lek­ker daar. En as die wind nie so woed soos die af­ge­lo­pe week nie, bly dit vir my die lek­ker­ste plek op aar­de (be­hal­we nou vir die deur met sy ou knip).

In dié vakansie-uit­ga­we wou ons meer as net strand­hui­se wys. Self het ek al ’n heer­li­ke (en hel­warm) so­mer­va­kan­sie in die Se­der­berg deur­ge­bring, en toe een van ons ge­reel­de me­de­wer­kers die mooi hout­hui­sie in Suur­braak se fo­to’s kom wys, was die koe­ël deur die kerk. Want ’n lek­ker va­kan­sie­plek hoef mos nie nood­wen­dig ’n uit­sig op die see te hê nie, reg?

Die Suur­braak-hui­sie be­wys dit deur en deur. Een­vou­dig dog styl­vol, met ’n uit­sig op die ber­ge en ’n stroom­pie wat dig­by kab­bel. So­lank jy en jou men­se by­me­kaar is, is die stryd mos half ge­won­ne ...

Die bus (op bl. 46) is weer ’n an­der sto­rie. Die Koe­ge­len­bergs het dié “va­kan­sie­huis op wie­le” in­ge­skryf vir ons jaar­lik­se Regruk met Flair­kom­pe­ti­sie. Hul­le het net-net nie die Top-5 ge­haal nie, en wat­ter be­ter uit­ga­we as Ja­nu­a­rie om hul vin­ding­ry­ke plan­ne te wys? Hoor net hoe lek­ker ver­tel Gert en Mar­tie hoe dié on­ge­wo­ne regruk­pro­jek ver­loop het; dit sal ’n glim­lag op jou ge­sig sit.

En dan Sed­ge­field: Linda E­vans het my meer as ’n jaar te­rug die eer­ste keer ge­na­der, maar heel­tyd het iets bly voor­val – en net toe ons fi­naal ge­reed is vir die fo­to­ses­sie, ru­ï­neer ’n be­denk­li­ke swem­bad­bou­er hul swem­bad en tuin, en moes ons weer uit­stel. Maar hier is haar en Al­ma­rie Me­ad se huis nou. Dis hul af­tree­huis, maar steeds lek­ker by die see. Heeljaar vakansie ...

En op daar­die noot: Jy kan ook heeljaar ’n va­kan­sie­ge­voel s­kep by jou eie bly­plek – kyk net die s­lim plan­ne wat le­sers ge­maak het op bl. 64. As ’n mens sul­ke ont­snap-plek­ke op jou eie werf het, kan die nu­we jaar (en sy nu­we pro­ble­me) mos maar kom. Of hoe?

Tuis Op­knap, ons spe­si­a­le uit­ga­we met in­skry­wings uit die jaar­lik­se Regruk met Flair- kom­pe­ti­sie, is nou te koop by win­kels land­wyd. Ons wys on­der meer Heinz Winckler en sy ge­sin se huis. As jy suk­kel om ’n ek­sem­plaar te kry, stuur e-pos na re­dak­teur@tuis.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.