[KORTLIKS]

Tuis - - ONS LESERS SE -

Lie­we Ri­a­na Hoe­wel ek ook bie­tjie van ’n woord­mens is – gee En­gels op Ko­v­sies, praat Frans en Duits, is ’n ver­ta­ler en tolk – is ek nie in die ge­woon­te om aan skry­wers te skryf nie.

Ek kon re­de­lik i­den­ti­fi­seer met jou Ka­trie­na-boe­ke. En ’n on­lang­se sto­rie waar­in jy oor rooi bal­lon­ne op ’n stap­toer ge­skryf het, bly my by.

Maar Ri­a­na, daar­die twee lief­des­ver­ha­le in die Sep­tem­ber-uit­ga­we ... Ek het dit in die bed ge­lees, ’n bie­tjie ge­huil oor die mooi­geid, my man in die sit­ka­mer gaan ver­tel, en toe die tyd­skrif na my dog­ter ge­neem om te lees. Dit het die he­le vol­gen­de dag deur my kop bly maal, soveel so dat ek net vir jou moes skryf.

Dan­kie, Ri­a­na. Dit is men­se soos jy wat die ge­wo­ne le­we vir men­se soos ek op­vro­lik. – Ing­rid S­teyn

Ons het ver­le­de jaar ’n huis ge­koop – nie juis ie­mand se droom­huis nie, maar dit het som­mer met die in­trap­slag ge­voel dis my plek dié. Werk is daar baie en ek ge­bruik heel­wat van my tyd om goed­jies op te kik­ker. Verf is mos ’n won­der­li­ke ding; dit kan die treu­rig­ste ver­trek om­skep in daar­die prent­jie in jou kop. My man grom net wan­neer ek met nog ’n blink plan vo­ren­dag kom, maar wan­neer ek deur

Tuis blaai, kan ’n mens mos nie an­ders nie. Ter­wyl hy nog won­der wat het ge­word van die mat­te, is my plan­ne vir die vloe­re klaar deur­dink! So kry my ver­beel­ding vler­ke. – Lan­di Louw van Brac­ken­fell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.