Die op­knap

Tuis - - LESERHUIS -

Die heel eer­ste stap in die op­knap­pro­jek was om mu­re uit te breek so­dat hul­le ’n lug­ti­ge ruim­te met ’n oop­plan­kom­buis-en-sit­ka­mer kon s­kep. Hul­le het ook die vloei van die huis ver­be­ter: Die nu­we hoof­slaap­ka­mer was eers ’n bui­te­ka­mer, hul en sui­te-bad­ka­mer was waar die kom­buis nou is en die gas­te­ka­mer was ’n haar­sa­lon!

Hul­le het ’n ga­ra­ge en a­tel­jee by­ge­voeg, wat die kot­huis van 100 m² om­skep het in ’n ruim wo­ning van 152 m². Den­ne­hout­vloe­re is ge­lê en ver­se­ël met deur­sig­ti­ge Woodoc 25 Wa­ter-bor­ne Floor Se­a­ler. “Ons wou nie hê die hout moet met­ter­tyd daar­die aak­li­ge oran­je kleur kry nie,” sê Al­ma­rie.

Die huis is oor­spronk­lik net met hout ge­bou, maar die bui­te­mu­re is nou be­klee met Nu­tec-plan­ke. “Dit voel nie as­of ons in ’n hout­huis woon nie en dit lyk glad nie meer soos een nie!” sê Linda.

Pas­ge­maak­te hang­lam­pe van Vic­to­ri­an Si­de Bathrooms; mat van @home

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.