’n Reu­se­suk­ses

Tuis - - LESERHUIS -

Linda en Al­ma­rie is lief vir tuin­maak en oor die af­ge­lo­pe twee jaar het hul­le die tuin om­skep van ’n oor­groei­de deur­me­kaar­spul – en ’n stort­ter­rein vir bou­rom­mel – tot ’n wa­re lus vir die oog. “Ons roos­tuin is ons trots en van­jaar is die blom­me reg­tig iets om te aan­skou!” sê Linda. Dié deel van die tuin was die laas­te waar­aan Linda en Al­ma­rie ge­werk het na­dat die bou­ers ein­de­lik weg was. Hul­le het ver­le­de jaar vir die Knys­na-roos­skou in­ge­skryf en twee pry­se op­ge­raap. “Ons was so in­ge­no­me met hoe ons roos­tuin ge­vor­der het,” sê Linda trots. >>

Die draad­ska­pe, S­hei­la en Bar­bra (bo), is by ’n hand­werk­mark op Sed­ge­field ge­koop. ’n S­ka­du­ry­ke si­ta­rea (heel bo) met ’n per­ske­pit-vloer is reg on­der een van die twee vy­e­bo­me in die tuin. “Hier kom el­ke jaar In­ka­le­lies op; dis al­tyd so mooi om te sien hoe hul­le hul nek­ke rek op soek na die son,” sê Linda. Ta­fel en stoe­le van S­to­dels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.