Plaas­huis­styl

Tuis - - VAKANSIEHUIS -

Die huis, wat ge­du­ren­de 2013 en 2014 ge­bou is, is ont­werp deur Jo­han se ar­gi­tek­broer Boets. “Ons het die erf al so­wat 25 jaar en het lank ge­droom om ons eie plek vir die vol­gen­de ge­slag te s­kep. Daar­om het ons vier en sui­te-slaap­ka­mers so­dat elk­een van ons drie kin­ders, hul maats en ook hul ge­sin­ne la­ter ’n eie plek­kie kan hê,” sê Jo­han.

Die sjar­me van die huis lê in die am­per ge­stroop­te plaas­huis­styl met een­vou­di­ge ly­ne en rus­tie­ke af­wer­kings. “Ons het al­les rond­om die plaas­te­ma ge­kies,” ver­tel Ma­de­lei­ne. “Daar’s oop dak­kap­pe bo, ba­lus­tra­des van hout met staal­ka­bels, en ’n sink­dak; en die ga­ra­ge het ’n wa­en­huis-ti­pe skuif­deur.”

Maar al­les is nie net vir die mooi nie; din­ge moet ook prak­ties wees. Die hout­hort­jies voor die ven­sters help by­voor­beeld met die re­gu­le­ring van hit­te en son­lig. Selfs die “si­lo” dien ’n dub­be­le doel (sien blad­sy 44). Jo­han ver­tel dat el­ke huis op V­lees­baai ’n wa­ter­tenk moet hê. “Ons het be­sluit om som­mer ’n fo­kus­punt daar­van te maak wat by die plaas­te­ma aan­sluit en het die tenk met sink be­klee so­dat dit soos ’n si­lo lyk. Dit het toe die i­de­a­le ruim­te vir ’n bui­te­stort ge­skep.” >>

Een­vou­di­ge, ou­tyd­se hout­bed­dens in een van die gas­te­ka­mers (bo links). Vaal­groen, blou, ei­er­vrug­pers en rooi word dwars­deur die huis as ak­sent­kleu­re ge­bruik. Die mu­re en an­der af­wer­kings is deur­gaans in neu­tra­le, lig­te kleu­re om ’n ge­voel van een­voud en ruim­te te s­kep. In die bad­ka­mer (bo regs) het Ma­de­lei­ne an­tie­ke ge­bor­duur­de la­kens en lin­ne­ma­te­ri­aal, wat sy in Frank­ryk en I­ta­lië ge­koop het, ge­bruik om blin­dings van te maak. Hand­doe­ke van Ara­besque

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.