Ge­rief kraai ko­ning

Tuis - - OPKNAP -

Al die plan­ne vir bin­ne is deeg­lik deur­dink en deur­ge­werk oor et­li­ke gla­se van Gert se tuis­ge­maak­te mer­lot. Mar­tie ver­tel: • Gert het staal­ra­me vir al die bed­dens en kas­te ge­maak so­dat dit ste­wig is wan­neer ons oor ru­we ter­rein toer. • E­lek­tri­si­teit is Gert se spe­si­a­li­teit en die bus spog met ve­le krag­pun­te vir USB-, twee- en drie­punt­prop­pe. Die dak­lig­gies was ’n uit­da­ging weens die be­perk­te ruim­te tus­sen die pla­fon en die staal­dak, maar Gert het lank ge­soek vir prag­ti­ge in­di­vi­du­e­le LUD-lig­gies en dit net­jies ge­ïn­stal­leer. • Die mi­ni­a­tuur-warm­wa­ter­si­lin­der werk met gas, 12 volt en 220 volt. Ek kamp in styl met warm wa­ter in my kom­buis en bad­ka­mer, waar ek ook al is. Vir stort slaan ons ’n af­skor­ting op. Ons kan die bad­ka­mer se was­bak­kraan uit­trek, bui­te die bus aan die ven­ster haak en in pri­vaat­heid warm stort. • Die bus het ’n stel diep­si­klus­bat­te­rye en ’n wis­sel­stroom-om­ska­ke­laar. Die bat­te­rye kan met die en­jin se al­ter­na­tor ge­laai word, of met be­hulp van ’n son­pa­neel wat ons som­mer teen die naas­te boom staan­maak. Die bat­te­rye kan mak­lik ’n dag lank krag voor­sien aan die ys­kas, lig­te en wa­ter­druk­pomp son­der dat dit her­laai moet word. Al die e­lek­trie­se toe­rus­ting is so ge­kies dat dit met die son­krag­stel­sel kan werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.