Eers heel­maak, dan mooi­maak

Tuis - - OPKNAP -

Hoe­wel Mar­tie vuur en vlam was vir mooi­maak, was die bus se raam­werk erg ver­waar­loos en voos, en die vloer so te sê deur­ge­roes. Dit moes eer­ste aan­dag kry.

“Voor­dat ons e­nig­iets kon doen, moes Gert se­ker maak die bus is wa­ter­dig, roes­vry en struk­tu­reel ge­sond. Dít was op sig­self ’n a­von­tuur. Ons het al­mal in­ge­spring en ge­help, selfs Ger­rit, wat toe maar agt jaar oud was.

“Die op­knap­werk sou drie maan­de neem,” ont­hou Mar­tie. “Geen dra­ma of pro­bleem vol­gens my baie be­kwa­me en ta­lent­vol­le man nie.” Maar uit­ein­de­lik het dit 18 maan­de van om­vat­ten­de me­ga­nie­se her­stel­werk, roes­ver­wy­de­ring en spuit­verf­werk, en die in­rig van die bin­ne­ruim­te, ge­word.

In­tus­sen het die bus ’n by­naam ge­kry – Wan­ge, ’n ver­wy­sing na die voor­wie­le se ken­mer­ken­de Bed­ford­ron­dings – en Gert sy ko­de 10-ry­be­wys.

Gert het al die me­ga­nie­se her­stel­werk ge­doen, en Wan­ge se ADE Mer­ce­des 352-en­jin is nou so goed as nuut.

“Die en­jin­blok, kruk­as en o­lie­bak is al wat van die oor­spronk­li­ke en­jin oor­ge­bly het,” ver­tel Gert, wat ook die spuit­verf­werk saam met twee vrien­de ge­doen het. Al waar­mee hy pro­fes­si­o­ne­le hulp ge­had het, was die op­knap van die en­jin se sub­sa­me­stel en die voor­be­rei­ding vir die spuit­verf­werk.

Met al die nood­saak­li­ke her­stel­werk ag­ter die rug, kon Gert en Mar­tie die bus vir hul be­hoef­tes be­gin in­rig.

“K­wo­ta­sies vir in­ge­bou­de kas­te en meu­bels was een­vou­dig bui­te ons be­gro­ting en Gert het hier­mee ook self in­ge­spring,” ver­tel Mar­tie. “Ek het my wit een­vor­mi­ge S­weed­se leef­ruim­te ge­kry, al was die pro­jek op die ou ein­de ’n saak van ge­bed,” sê Mar­tie. “Die ge­be­de het meer oor my eie ge­duld as oor e­nig­iets an­ders ge­gaan ...”

Hul eer­ste weg­breek met die bus was in Sep­tem­ber 2015, S­truis­baai toe. Gert het nie ge­jok toe hy ge­sê het die bus is ’n bar­gain nie. Wan­ge is nou vir R350 000 ver­se­ker – meer as dub­bel die aan­koop- en her­stel­kos­te.

“Vir my is die lek­ker­ste dat ons kan gaan staan waar dit vir ons mooi is, en dat ek my eie huis het waar ek ook al is, met my eie e­mal­je en mooi­goed,” sê Mar­tie. “Met el­ke trip s­kep ek my eie wê­reld.

“Dit sou nie die­self­de ge­wees het as ons ie­mand be­taal het om die op­knap­werk te doen nie.”

Gert moes groot de­le van die staal-pa­ne­le ver­vang en ge­volg­lik is die ven­sters uit­ge­haal; he­le kant­pa­ne­le en rub­ber­se­ëls is ook ver­vang. Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.