Al hul guns­te­lin­ge

Tuis - - LESERHUIS -

Be­lin­da en Joe hou van die bui­te­lug en reis graag. “Oor die ja­re het ons meu­bel­stuk­ke, kuns en ge­denk­waar­dig­he­de ver­sa­mel van al die plek­ke waar ons al was,” sê Be­lin­da. “Ek weet as iets vir my mooi is, sal ek ’n plek daar­voor kry. Ons huis staan vol kos­ba­re ont­hou­goed.”

Be­lin­da is ook pas­sie­vol oor blom­me en ná baie ja­re in die ad­ver­ten­sie­be­dryf be­stuur sy dees­dae ’n blom­me­rang­skik-saak, Bel­la Flo­wers, van die huis af. “Blom­me het my kre­a­tie­we uit­laat­klep ge­word,” sê sy. G’n won­der dat hul huis ver­sier is met mas­sas blom­me en loof nie.

Kleur­ry­ke rang­skik­kings en pot­plan­te ver­le­wen­dig die ruim­te, en ’n deel van die aan­trek­kings­krag is die on­ge­wo­ne hou­ers waar­in Be­lin­da die plan­te uit­stal. “Blom­me is vir my bood­skap­pers van vreug­de en inspirasie,” sê sy. “Hul­le druk uit wat ons nie kan nie – met gra­sie en skoonheid.”

Be­lin­da se flair is nie be­perk tot blom­me nie – haar kre­a­ti­wi­teit is reg­deur die huis sig­baar. Fo­kus­mu­re is ge­verf in ryk kleu­re, wat da­de­lik die oog vang. “Ek hou van don­ker­der kleu­re op se­ke­re mu­re – dit s­kep de­fi­ni­sie en laat i­tems uit­staan. Ek hou ook van swart in my de­kor; dit an­ker en ver­leen in­te­gri­teit aan ’n ver­trek.” >>

Ek kom­bi­neer graag meu­bel­stuk­ke van ver­skil­len­de tyd­per­ke en kul­tu­re met u­nie­ke

ont­wer­pe, spat­sels kleur, ryk teks­tu­re en prag­ti­ge blom­mo­tie­we. – Be­lin­da

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.