S­tads­ja­pies se plat­te­land­se toe­vlug op Ca­le­don

Die Koe’e­len­ber’s het se­we jaar lank na die re’te plat­te­land­se huis ’e­soek, min we­tend dat dit al vyf jaar lank op Ca­le­don vir hul­le wa’.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

“Al­les is lek­ker by ons huis, en as ons die slag weg­gaan, ver­lang ons gou weer te­rug soon­toe.”

So ver­tel Mar­tie Koe­ge­len­berg oor hul sjar­man­te huis op ’n klein­hoe­we in die O­ver­berg.

Maar hoe die huis nou lyk, is nie die­self­de prent­jie wat hul­le in­ge­wag het toe sy en Gert die ei­en­dom die eer­ste keer, in 2007, ge­sien het nie. Die plek was ver­waar­loos en die prys ver bo hul vuur­maak­plek – hul­le het nie eens by die hek in­ge­ry nie.

Die Koe­ge­len­bergs het des­tyds in Hout­baai ge­woon. “Ons het vir ons dog­ter, An­nie­ke, be­lo­we sy kan ’n perd kry as sy 12 is, en ons tyd het be­gin uit­loop,” ver­tel Mar­tie, ’n DA-raads­lid op Ca­le­don. “Ons het se­we jaar lank na die reg­te plek op die plat­te­land ge­soek, en el­ke na­week dor­pie-hop­ping ge­doen!”

Gert, ’n e­lek­trie­se kon­trak­teur, ont­hou: “Ek het ’n kaart ge­vat en met ’n pas­ser sir­kels van 50 km elk in ’n ra­di­us van 200 km van Kaap­stad af ge­trek om die i­de­a­le dorp te kry.”

Ca­le­don was eg­ter nie op die lys nie, hoe­wel dit net 112 km van die stad is. Maar toe bel ’n a­gent ’n jaar la­ter oor ’n 1,1 ha-hoe­we wat reeds drie jaar in die mark is – nog­al die ein­ste een waar hul­le voor die hek om­ge­draai het. “Die ter­rein was baie ver­waar­loos en die stoep ver­val­le. Van bui­te­ge­boue was hier nie spra­ke nie, bui­ten ’n half reg­ge­maak­te wa­en­huis, en ons moes vier keer deur die leë huis stap net om te pro­beer uit­werk wat­ter ver­trek wat is.”

Nie­te­min het die plek Mar­tie se hart warm – en baie vin­nig ook – laat klop. “Ek ont­hou hoe ek in die mid­del van die sit­ka­mer­vloer moes gaan sit net om tot be­da­ring te kom. Die prys was báie meer as wat ons kon by­me­kaar­skraap. Ons huis in Hout­baai was boon­op pas klaar op­ge­knap. Die he­le pad te­rug het ek en Gert nie ’n dooie woord met me­kaar ge­praat nie!”

Maar toe doen hul­le ’n aan­bod wat Mar­tie be­skryf as “be­lag­lik laag; bit­ter min”. En toe ge­beur din­ge bin­ne twee we­ke. Hul aan­bod is aan­vaar en hul Hout­baai-huis is op sy eer­ste skou­dag ver­koop. “Van­dag, tien jaar la­ter, het ons le­wens ’n heel an­der rig­ting in­ge­slaan,” ver­tel Gert. Waar hy nog vir hul eer­ste drie jaar op Ca­le­don sy e­lek­trie­se on­der­ne­ming in Hout­baai ge­had het, is al sy werk nou in die O­ver­berg, en werk Mar­tie vol­tyds as raads­lid.

“Dis hoe­kom ons die huis Ge­na­de ge­doop het,” sê Mar­tie. “Want een ding wat soos ’n paal bo wa­ter staan, is dat ons nie vir Ge­na­de ge­kry het nie, Ge­na­de het vir ons ge­kry.

“Nou is dit ’n plek waar vrien­de en fa­mi­lie ge­reeld móét by­me­kaar­kom vir oor­da­di­ge kui­ers. So­dra moeë stads­men­se hul tas­se neer­sit, word die wyn­gla­se vol ge­skink en slaak hul­le ’n sug van ver­lig­ting – en dan weet ek en Gert dit was be­stem dat die huis se ver­trek­ke vol mu­siek en lag moet wees.” >>

20

Dié kas­sie was Gert se ou­pa Gert An­dries Ag­gen­bach se ge­reed­skap­kas­sie wat hy van ou pa­raf­fien­kis­te ge­maak het. Die ou spie­ël is ja­re te­rug in Hout­baai ge­koop.

Die oor­spronk­li­ke voor­deur (regs) en sy ko­per­by­kom­stig­he­de doen steeds diens by Ge­na­de. On­ge­luk­kig was die lood­glas­ven­sters be­ska­dig en nie meer die oor­spronk­li­kes nie, daar­om het Mar­tie nu­wes in die reg­te styl laat maak by Ru­di Gort van He­ro S­tai­ned Glass.

Teen die eet­ka­mer­muur hang ’n an­tie­ke stoel met ’n por­tret van Mar­tie se groot­jies so ses ge­slag­te te­rug, en ’n pop wat haar ma, An­na­tjie Ken­ne­dy, as agt­ja­ri­ge ge­maak het. Die stoel het hul­le op Ko­mag­gas in Na­ma­kwa­land ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.