Dié tuin pas per­fek in sy na­tuur­li­ke om­ge­wing

In die ar­gi­tek Mar­cus S­mit se huis en tuin leef jy ewe lek­ker, want dié twee ruim­tes vul me­kaar aan.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s G­reg Cox/bu­reaux.co.za

In Mar­cus S­mit se tuin op Gra­bouw kan die plan­te maar wild groei. En hoe ver­der van die huis af, hoe wil­der, sê hy.

“Ek het dié lek­ker groot erf in 2005 ge­koop en met die tuin be­gin voor die huis ’n jaar la­ter ge­bou is,” ver­tel hy. “Ons kon dit so doen, want die huis is reg ag­ter op die erf en daar­om het die bou­e­ry nie in­breuk op die tuin ge­maak nie.”

Die land­ska­p­ar­gi­tek Al­bert Ven­ter het die tuin ont­werp en ook die uit­leg en aan­plan­ting be­har­tig. Die erf was aan­vank­lik oor­groei met den­ne- en wat­tel­bo­me; al die wat­tels en om­trent die helf­te van die den­ne­bo­me is uit­ge­haal. Die den­ne wat be­hou is, sorg vir ska­du­wee, ter­wyl dié aan die straat se kant dien as buf­fer teen die wes­ter­son en ook pri­vaat­heid bied.

Saam met ’n groot bloe­kom en en­ke­le fyn­bos­strui­ke is dit al wat be­hou is van die oor­spronk­li­ke plan­te­groei op die erf – die res van die tuin is aan­ge­plant om in per­fek­te har­mo­nie met die be­plan­de huis te wees. Die plan­te, en ver­al die en­de­mie­se soor­te wat goed aard in die san­de­ri­ge sand­steen­grond, saai hul­self en gaan op hul eie aan. Dit gee die tuin ’n na­tuur­li­ke voor­koms en skep ’n in­for­me­le, on­ge­rep­te ge­voel.

“Om­dat die tuin so wild is, verg dit min sorg,” sê Mar­cus. “En die skaal van die tuin laat dié ‘on­net­heid’ na­tuur­lik lyk. Daar is geen fyn­tuin nie en as dit te deur­me­kaar be­gin groei, trek ons die op­slag­plan­te uit en gee dit weg. Ons doen ook van tyd tot tyd ’n bie­tjie snoei­werk. Die san­de­ri­ge grond het wel baie kom­pos no­dig en dit word deur­lo­pend aan­ge­vul. Som­mi­ge van die plan­te, soos die pro­te­as en an­der fyn­bos, hou weer van die arm sand­grond – rond­om dié plan­te los ons die grond net soos dit is. Den­ne­naal­de dien as ’n na­tuur­li­ke dek­laag en vorm boon­op ’n loop­op­per­vlak.” >>

Mar­cus se guns­te­lin­ge

•’n Wit­stink­hout (Cel­tis a­fri­ca­na). Ek het won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge uit my kin­der­dae aan hier­die prag­ti­ge boom. Ek hou van die mooi stam, prag­ti­ge, lig­te loof en dat dit blad­wis­se­lend is en dus saam met die sei­soe­ne ver­an­der. In die so­mer gee dit ska­du­wee, in die win­ter laat dit die son deur en in die herfs hou ek van sy kleur.

• Aal­wy­ne. Deur ja­re van reis op ons land se grond­paaie het ek die ge­wel­di­ge ver­skei­den­heid van dié plant ont­dek. Aal­wy­ne verg min on­der­houd en is prag­tig. Hoe­wel al­mal nie in die koue, nat win­ters van Gra­bouw aard nie, is my on­der­vin­ding dat die krans­aal­wyn (Aloe ar­bo­res­cens) goed hier groei. Wan­neer dit in ’n mas­sa ge­plant word, of as hei­ning soos ’n mens soms op ou pla­se sien, is dit baie in­druk­wek­kend ty­dens blom­tyd in die win­ter­maan­de.

• Spoor­sa­lies (P­lec­trant­hus). Dié min­moei­te-plan­te is won­der­lik vir koel­te­plek­ke in die tuin en hul­le blom skou­spel­ag­tig! My be­lang­stel­ling in hul­le is ge­prik­kel toe ek een­dag toe­val­lig Ernst van Jaars­veld se boek The Sout­hern A­fri­can P­lec­trant­hus raak­ge­loop het.

Dis lek­ker om ie­wers in die tuin te sit met ’n glas goeie El­gin-wyn. En na­tuur­lik om met die hon­de te speel en­in­die so­mer in die dam te swem! – Mar­cus

In die mid­del van die tuin is dié oop gras­perk wat aan­sluit by die lang­wer­pi­ge huis se woon­ka­mer en on­der­dak­stoep. Die res van die tuin het om die gras­perk ont­wik­kel. Hier groei groot groe­pe aal­wy­ne en a­ga­pan­te. Vol­gens Mar­cus gee dié mas­saaan­plan­tings struk­tuur aan die tuin – iets wat no­dig is om die in­for­me­le en na­tuur­li­ke de­le te ba­lan­seer. Dit dien ook as ar­gi­tek­to­nie­se ska­kel tus­sen die ge­bou en die tuin.

Tus­sen die den­ne­bo­me en na­tuur­li­ke plan­te­groei deur kron­kel daar in­for­me­le paad­jies wat ver­an­der na­ma­te plan­te o­ral­oor op­kom. Dit is vir Mar­cus be­lang­rik dat die tuin ver­der weg van die huis so na­tuur­lik moont­lik lyk.

M­le­arscue rset­tuuin­in­vorm

s ’n in­te­gra­le deel van die huis. Die voor­stoep kyk uit op die dam en die na­tuur­li­ke veld­tuin tus­sen die den­ne­bo­me. Twee skerm­mu­re skei die huis van die in­rit. ’n Ska­du­ry­ke paad­jie ver­bind dit aan die voor­tuin. Mar­cus, sy pa en ’n paar vrien­de het self die mo­sa­ïek­werk met ou te­ëls op die paad­jie ge­doen. Dié klip­beeld op die voor­stoep, “Sit en staan”, is deur An­gus Tay­lor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.