Kag­gels en ver­war­mers Bly snoe­sig warm dié win­ter

Hout, gas of e­lek­tri­si­teit? Ons help jou be­sluit hoe jy dié win­ter lek­ker warm en knus kan bly.

Tuis - - NEWS -

Baie men­se droom van ’n ou Vic­to­ri­aan­se kag­gel soos dié waar­mee er­fe­nis­hui­se ge­woon­lik spog. Dit skep at­mos­feer, maar is nie so e­ko­no­mies soos smeul­kag­gels nie (sien

bl. 64). As jy reg­tig ’n ou Vic­to­ri­aan­se kag­gel wil hê, is dit ’n goeie i­dee om by sloop­wer­we te gaan kyk; in­dien dit ’n deel of twee kort, kan jy by ’n spe­si­a­lis­diens­ver­skaf­fer om hulp aan­klop.

’n Bi­o­fi­re-kag­gel (dit verskil van rook­lo­se kag­gels, waar die hit­te­bron ’n vloei­ba­re e­ta­nol-bi­o­brand­stof is – sien die kas­sie op bl. 66) ge­bruik hout, maar het ’n kern van hoogs brand­be­stan­de ke­ra­miek­te­ëls met ver­skeie “gan­ge” waar­deur die hit­te ge­lei word; dit brand war­mer as ’n ge­wo­ne kag­gel. Die hit­te be­weeg van die ke­ra­miek­kern na ’n skoor­steen­pyp wat ver­deel is in spe­si­a­le hit­te­be­hou­den­de ka­mers wat die hit­te vas­vang en hit­te­ver­lies deur die skoor­steen be­perk. Wan­neer die vuur dood­gaan, stel die ke­ra­miek die hit­te wat dit vas­ge­vang het vir nog 12–16 uur daar­na vry son­der dat nog stom­pe by­ge­voeg hoef te word. >>

Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk • Fo­to’s Ed O’Ri­ley en ver­skaf

Hang­lamp van Wey­landts; leun­stoel van Block & C­hi­sel; mat van Reb­tex; kom­bers van Wool­wort­hs

Kag­gel van Bi­o­fi­re; mu­re ge­verf in Plas­con Poin­set­tia; ont­werp deur JK Ar­chi­tects

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.