Laas­te kans om in te skryf vir Re­gruk met Flair 2017!

Tuis - - NEWS -

As jy ’n pas­sie vir op­knap het, of die ge­leent­heid soek om jou op­knap­spie­re te bult, is ons jaar­lik­se

Re­gruk met Flair-kompetisie die per­fek­te ge­leent­heid! S­tuur een­vou­dig fo­to’s van jou pro­jek in – en jy kan weg­stap met jou deel van R73 000 se wel­ko­me koop­be­wy­se.

Ons Re­gruk met Flair-kompetisie wys vir die 9de ag­ter­een­vol­gen­de jaar waar­toe Suid-A­fri­ka se ver­nuf­tig­ste op­knap­pers in staat is – dis men­se wat nie skrik vir han­de vuil­maak nie en in die pro­ses ook graag ’n geld­jie spaar!

En ont­hou: Jy kan e­nig­iets in­skryf – van ’n he­le huis tot net een ver­trek.

SKRYF SÓ IN Be­soek fix­it.tuis.co.za en skryf aan­lyn in; met die nu­we, ver­be­ter­de web­werf is dit nog mak­li­ker om jou pro­jek met ons te deel. As jy e­ni­ge na­vrae het, s­tuur e-pos na rox­an­ne.cloe­te@me­dia24.com of ska­kel 021 408 3815. Maak as­se­blief se­ker jy ver­skaf ho­ë­re­so­lu­sie-fo­to’s (min­stens 2MB elk).

INSKRYWINGS SLUIT 30 Ju­nie 2017 BE­LANG­RIK Ont­hou die vol­gen­de: • Jy moet kortliks ver­dui­de­lik wat jou pro­jek be­hels het en ’n uit­een­set­ting van die kos­te saam­stuur. • Pro­jek­te moet oor die af­ge­lo­pe drie jaar plaas­ge­vind het. Die huis­men­se moet min­stens 50% van die werk self ge­doen het – dis ’n kompetisie vir men­se wat self in­spring.

BUCO (voor­heen Pen­ny­pin­chers) en Tim­ber­ci­ty borg die kompetisie. Die wen­ners ont­vang ’n R35 000koop­be­wys, en daar is tal­le an­der koop­be­wy­se vir die inskrywings wat deur­dring tot die top-10 en top-5. Jy kan van­jaar se wen­ner wees!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.