Plant van die maand Woes­tyn­ro­sies

Al­mal hou van dié vro­li­ke, veel­sy­di­ge vet­ties.

Tuis - - NEWS - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • S­ti­le­ring Me­lis­sa Rau­ten­bach

Selfs al is jy nie ’n vet­plant­lief­heb­ber nie, is die kan­se goed dat E­che­v­e­ri­as, of­te­wel woes­tyn­ro­sies, jou hart sal steel!

Met hul grys­blou bla­re al in die rond­te in ’n ro­set­vorm is dié vet­plant­jies reg­te staat­ma­kers. Hul­le kom oor­spronk­lik van Mex­i­ko en Sen­traal-A­me­ri­ka, waar soort­ge­ly­ke straw­we kli­maats­toe­stan­de as hier heers. Woes­tyn­ro­sies groei mak­lik, is droog­te­be­stand, lyk mooi as hul­le in ’n groot groep ge­plant word, werk goed as ’n wa­ter­wys grond­be­dek­ker en is per­fek vir ’n pot. Hul­le dra ook blom­me­tjies op dun steel­tjies wat bo die plant uit­groei.

Plant jou woes­tyn­ro­sies in baie goed ge­drei­neer­de grond in vol­son of half­ska­du­wee. Maak goed nat wan­neer jy wa­ter gee, maar moe­nie dat die grond heel­tyd klam bly nie; wag eers tot dit uit­ge­droog het voor jy weer wa­ter gee en pro­beer ver­my om wa­ter op die bla­re te gooi. E­che­v­e­ri­as het sel­de e­ni­ge ek­stra voe­ding no­dig.

Die plant­jies is al­ge­meen by kwe­ke­rye te kry en daar is baie ver­skil­len­de va­ri­ë­tei­te be­skik­baar.

Plant­wen­ke Vir groe­pe

Moe­nie woes­tyn­ro­sies een-een in jou tuin of in ’n rots­tuin plant nie. Hul­le raak ver­lo­re tus­sen die an­der plan­te en maak nie so ’n mooi ver­to­ning soos ’n groot groep wat by­me­kaar groei nie. Een op sy eie lyk wel mooi in ’n klein pot.

Vir pot­te

Woes­tyn­ro­sies lyk prag­tig in pot­te, maar kies ’n klei- (ter­ra­cot­ta-) pot wat po­reus is en waar­uit e­ni­ge oor­tol­li­ge vog kan ont­snap. Dit sal help dat die grond vin­ni­ger uit­droog, soos dié plan­te ver­kies. Pak ’n klomp klei­ner pot­te met ’n plant­jie in elk op ’n ry vir ’n fo­kus­punt. Of plant dit as ’n groep in ’n gro­ter pot, ver­al een met ’n kruik­vorm so­dat dit oor die ran­de groei. Dit lyk al­tyd mooi en verg min moei­te.

Vir steg­gies

E­che­v­e­ri­as groei mak­lik van steg­gies. Selfs ’n blaar­tjie wat op die grond val, kan wor­tels maak en ’n nu­we plant­jie vorm. Hul­le ver­meer­der ook van­self deur nu­we ro­sies langs die moe­der­plant te vorm. Los dit net so as jy ’n groep by­me­kaar wil hê of breek die nu­we tak­kie ver­sig­tig af en plant dit.

As jy heel­wat plan­te wil maak, breek die blaar­tjies van die ro­sie af daar waar dit aan die stam­me­tjie vas is. Moe­nie dat dit in die helf­te breek nie – die nu­we plant­jie vorm juis aan die on­der­punt van die blaar waar dit aan die moe­der­stam vas­ge­heg was. Laat lê die af­ge­breek­te blaar vir ’n dag in die ska­du­wee so­dat die wond se­ël – dit help dat die blaar nie vrot nie. Sit dit dan bo-op goed ge­drei­neer­de grond in ’n plant­bak neer so­dat die on­der­punt van die blaar aan die grond raak. Hou die grond klam maar nie nat nie, an­ders vrot die blaar­tjie. Gee dit net twee maal per week wa­ter; dit is ge­noeg. Die blaar­tjies sal wor­tel­tjies vorm en jy sal gou oor­ge­noeg nu­we plan­te hê!

Woes­tyn­ro­sies is per­fek vir ’n rots­tuin, in ’n pot op ’n stoep of as ’n mas­sa-aan­plan­ting in jou tuin!

Ma­rié Ester­huy­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.