Ag­ter­blad Ri­a­na S­chee­pers ge­sels

Tuis - - NEWS -

My oog vang ’n ar­ti­kel deur Tom Good­win, ’n jong man wat in die hoogs me­de­din­gen­de ad­ver­ten­sie-en-be­mar­kings­be­dryf werk. Ek lees met groot ple­sier wat die jon­ge­ling sê: “Why I miss old pe­op­le in the work­pla­ce.”

Good­win se ar­ti­kel gaan oor die he­den­daag­se be­roeps­wê­reld wat ob­ses­sief daar­op in­ge­stel is om jong men­se in die werk­plek aan te stel. Jong men­se het ma­te­lo­se e­ner­gie, bril­jan­te i­dees en teg­no­lo­gie­se vaar­dig­he­de, al­les wat no­dig is vir suk­ses in die be­dryfs­le­we.

Ter­self­der­tyd word ar­ge­loos van al die “ou hout” ont­slae ge­raak. Want wat weet ’n ou oom of tan­nie van vyf­tig nou eint­lik van die mo­der­ne le­we, die su­per­snel ont­wik­ke­len­de teg­no­lo­gie, so­si­a­le me­dia en die in­ter­net?

Dis ’n ver­keer­de stra­te­gie, sê die (ou­li­ke) jong man. Al het jong men­se ver­stom­men­de vi­sie, bril­jan­te kre­a­tie­we den­ke en ’n oor­maat vry­pos­ti­ge ar­ro­gan­sie, het hul­le ook ’n ver­lam­men­de ge­brek aan wys­heid – iets wat die mees­te ou­er men­se wel het. Met ’n jong werks­mag het ’n on­der­ne­ming die waar­de­vol­le in­set­te van die jeug se me­ning, maar dit is ’n me­ning son­der kon­teks. Good­win sê hy mis die gra­vi­tas, die sa­ke­sin en die sta­bi­li­teit waar­oor die ou­er gar­de be­skik; daar­om wil hy graag meer “be­jaar­des” in sy werks­om­ge­wing hê. Só ’n bek moet jêm kry. Ons al­mal weet dat 70 die nu­we 50 is. Ou­er men­se is ak­tief, be­trok­ke, be­dry­wig, fiks. En slim. Na­tuur­lik is hul­le ook hard­kop­pig en be­ter­we­te­rig. Soms is hul­le heel­te­mal on­ver­ant­woor­de­lik, maar dit mag hul­le se­ker maar wees?

Par­ty­keer praat die ou­er gar­de met nos­tal­gie oor hul jeug, maar soos een oom ge­sê het: As ek ver­lang na my jong dae, dan dink ek net aan wis­kun­de op skool en dan is ek dood­ge­luk­kig waar ek nou is.

Ek ken ’n won­der­li­ke ver­haal van die wys­heid, of slinks­heid, van ou­er men­se.

Soos dit hoort, speel hier­die ver­haal af in die ver­re ver­le­de, in die tyd toe men­se nog nie e­lek­tro­nie­se be­ta­lings kon doen nie.

Op ’n Sa­ter­dag­mid­dag, kort voor slui­tings­tyd, stap ’n ou oom by ’n ju­we­liers­win­kel in. Na­tuur­lik kan ons van hom praat as “oud”, want hy raak-raak so aan die tag­ti­ger­ja­re. Oud, maar glad nie koud nie, hoor, en boon­op flam­bo­jant en vol din­ge –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.