Hal­lo

Tuis - - NEWS - re­dak­teur@tuis.co.za

sSo ’n paar we­ke te­rug kui­er my peet­kind by my. Sy is tien jaar oud.

Op die ta­fel in die eet­ka­mer lê ’n wol­kom­bers met sul­ke tos­sels, nog op­ge­vou in sy sak. Sy vra: “Oom, wat pre­sies is dit?”

“’n Kom­bers,” ver­dui­de­lik ek. “Maar nie ’n ge­wo­ne kom­bers nie, dis ’n ‘throw’ – jy weet, ’n oor­gooi­de­ken.”

Ek be­sef ek is nou bo-oor dié tien­ja­ri­ge se kop, want nóg “throw” nóg “oor­gooi­de­ken” gaan haar die klou­tjie by die oor help uit­bring.

Ek spin my­self ver­der vas in my web: “Dis ’n de­kor-i­tem, jy weet, jy gooi dit oor jou bed, of as jy wil kan jy ook on­der dit sit – maar dis nie ’n kom­bers-kom­bers nie, as jy ver­staan.”

Sy ver­staan klaar­blyk­lik en som die he­le ge­sprek in een sin op: “O, dis vir die mooi.”

“Vir die mooi” is in my huis ’n bie­tjie van ’n ver­sug­ting. Daar is baie goed wat ek “vir die mooi” wil doen, maar ’n hon­derd jaar oue huis het gei­te, en gei­te gee nie om “vir die mooi” nie. Ge­volg­lik vloei die geld eer­der na in­stand­hou­ding as na mooi­goed. Want wie koop nou ’n oor­gooi­de­ken met tos­sels wan­neer die dak lek?

Ver­le­de jaar het ek feit­lik geen werk by my huis laat doen nie, want ek was moeg vir bou­ers en ver­wers en af­le­we­rings, of in die ys­ter­wa­re­win­kel se ry staan op ’n Sa­ter­dag. En als was on­der be­heer, geen dak wat lek nie. Ek kon ’n slag bie­tjie mooi­maak.

Maar vroeg van­jaar het ek weer ’n ly­sie be­gin maak van wat moet ge­beur in fa­se 2 van my op­knap­pro­jek: ’n stuk­kie half­klaar pleis­ter­werk ag­ter die ys­kas; die ou dak­ven­ster in die bad­ka­mer, wat nou al so ver­geel is dit voel heel­dag soos son­on­der in ’n sand­storm daar bin­ne; die deu­re na die stoep, waar­van die skar­nie­re lank­al nie meer die deu­re haaks hou nie en ra­tel in die wind; en dan, les bes, die ou a­larm, wat per­fek werk, maar me­ters en me­ters dra­de het wat die o­gies ver­bind en o­ral in die huis sig­baar is – ’n web van “nie mooi nie” wat die teg­ni­kus nog le­li­ker ge­spin het toe een van die o­gies ver­vang moes word en hy die draad son­der skroom met i­so­leer­band ge­las het so­dat daar nou so ’n koek dra­de in die hoek bo die ag­ter­deur sit.

Ge­noeg is ge­noeg, be­sluit ek. Want ek wil verf, en geen verf gaan daai koek dra­de weg­steek nie. Die a­larm-men­se kom. Die kwo­ta­sie laat my stik, maar die man ver­se­ker my – geen dra­de nie, wi­re­less is die op­los­sing.

Ek druk deur, maar dit py­nig my, want dit kos dui­sen­de waar­mee ek iets veel meer tas­baars kon doen: die bank laat stof­feer, of daar­die he­mel­bed koop wat ek al so lank be­geer. Of die duur plak­pa­pier wat ek vir die spaar­ka­mer se een muur be­plan, of die mooi te­ëls ag­ter die kag­gel ...

Maar toe W­hi­tey nou die dag kom verf en hy nie weer wou weet: “Wic, must I paint the wi­res?” nie, toe weet ek: Dit was geld goed be­stee, “vir die mooi”.

Maar toe W­hi­tey nou die dag kom verf en hy nie weer wou weet: ‘Wic, must I paint the wi­res?‘ nie, toe weet ek: Dit was geld goed be­stee, ‘vir die mooi ‘.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.