My Tuis-ge­not

I­ris W­hit­field van Sed­ge­field skryf

Tuis - - KOMPETISIE -

Ek lees el­ke maand die Tuis van voor tot ag­ter; ek kyk nie eens na die in­houds­op­ga­we nie, want el­ke om­blaai is soos ’n groot ge­skenk. Ek ruik let­ter­lik aan die boek voor ek dit met ’n lek­ker­te be­gin lees wat soos ’n koel see­brie­sie voel. En be­hoed dié wat mý Tuis beet­kry voor ek dit deur­ge­lees het ... Daar­na is hul­le wel­kom, en dan word dit baie mooi ge­bê­re vir an­der­dag se na­slaan en ge­bruik. Een Son­dag gaan ek saam met ’n vrien­din kerk toe. Ná die tyd hou sy vin­nig stil by die win­kel en ek be­sluit om som­mer gou ’n brood te gaan koop. Tot my ple­sier sien ek die nu­we Tuis op die rak en ek koop dit da­de­lik. By die huis ge­kom waai die kerk-tab­berd­jie, ek trek ge­mak­like kle­re aan, ver­slind ’n brood­jie en toe is ek reg vir ’n dag van Tuis-lek­ker­te. Ek deel graag met jul­le my voor- en na-fo­to’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.