De­kor, droom en lek­ker leef

Tuis - - LESERHUIS -

“Die meu­bels van ons vo­ri­ge huis het hier net een­vou­dig ver­dwyn in die groot ver­trek­ke,” lag Mar­tie. “Maar ek het die ruim­tes so met ver­loop van tyd ge­vul. Dit is vir my be­lang­rik om nie die huis se styl te steel nie. Ek het nog nooit ’n ont­wer­per vir e­nig­iets ge­bruik nie; ek maak mooi met my e­mo­sies.

“Die huis be­paal self wat hier pas en wat nie. Soms, as ’n ding nie wil werk waar ek dit neer­sit nie, wag ek net; ek weet die huis sal uit­ein­de­lik vir my die reg­te plek wys – of dit nou ’n ou gram­mo­foon of ’n boom­stomp is. Vir erf­stuk­ke en fa­mi­lie­goed is hier al­tyd plek.

“Ek is lief vir na­tuur­li­ke ma­te­ri­a­le soos hout, ko­per en glas. ’n Bie­tjie bling, flu­weel en sy is ook al­tyd wel­kom. My guns­te­ling-kleur is grys; ek is dood­bang dit gaan uit die mo­de! En ek is dol oor bo­ta­nie­se mo­tie­we en pro­te­as.”

Mar­tie droom van ’n in­heem­se fyn­bos­tuin, en in­tus­sen plant sy en Gert bo­me. “Ons het al meer as 30 in­heem­se bo­me ge­plant. Dis ’n tra­di­sie van vo­ri­ge ei­e­naars wat ons voort­sit vir toe­koms­ti­ge in­wo­ners.”

In die week leef die Koe­ge­len­bergs op ’n draf­stap; daar­om waar­deer hul­le na­we­ke tuis des te meer. “Die lek­ker­ste is om net rond­om ons eie kos­ta­fels te kui­er en lui te raak in die son of voor ’n kag­gel,” sê Mar­tie. >> In Ger­rit se slaap­ka­mer staan twee en­kel­bed­dens wat Gert ge­maak het van ou kop­stuk­ke en voe­ten­en­te, met ’n ba­sis van stuk­ke staal wat hy uit ou hoen­der­hok­ke her­win het. Mu­re ge­verf in die Du­lux-kleu­re Steel Sym­po­ny 2 en Rum Ca­ra­mel 4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.