[ GE­SKIE­DE­NIS OM TE DEEL]

Tuis - - LESERHUIS -

Die huis da­teer uit die 19de eeu. “Al wat ons oor die ge­skie­de­nis kon op­spoor, was ’n ak­te uit 1894 in die Kaap­se ar­gie­we,” ver­tel Mar­tie.

Bui­ten skoon­maak, op­ruim en bou­werk aan die stoep, was geen groot struk­tu­re­le ver­an­de­rings no­dig nie. “Die ter­rein om die huis het die mees­te werk ge­verg,” sê sy. “Die tuin is my en ons tui­nier, Le­wis M­tut­si, se har­de werk. Gert het die win­ger­de aan­ge­plant en el­ke jaar moet ons met die hoen­ders en vo­ëls mee­ding om da­rem ge­noeg tros­sies ge­pars te kry dat Gert kan wyn­maak.”

Die stoep is in 2014 ge­re­stou­reer. “My broer, Han­nes Bo­tes, het vir ons ’n sper­tyd van ses we­ke ge­gee, want hy wou hier trou. Ge­luk­kig was die fon­da­ment van die oor­spronk­li­ke stoep nog hier. Ons het self in­ge­spring; hier by die huis is baie vly­ti­ge han­de en die O­ver­berg het geen te­kort aan vaar­di­ge am­bags­man­ne nie.”

Mar­tie gee toe dat ’n huis wat meer as 150 jaar oud is, voort­du­rend on­der­houd verg. “Ons is baie lief vir die huis en sen­si­tief vir die his­to­rie­se waar­de, maar jou werk is nooit klaar nie. Ven­ster­ra­me moet el­ke jaar ver­sorg word; e­nig­iets van deur­knop­pe tot vloer­plan­ke moet heel­ge­maak word; en vog van bo en on­der moet ge­du­rig in toom ge­hou word.

“Maar Ge­na­de moet ge­deel word. Die plek is nie net ons s’n nie; dis deel van Ca­le­don en die O­ver­berg. Ek dink nie ’n mens be­sit ooit so ’n ou ge­bou nie. As ek net dink aan al die ge­sin­ne wat oor die ja­re hier ge­woon het – som­mi­ge 20 of 30 jaar – be­sef ’n mens baie gou: On­danks wat op jou ak­te staan, is jy net ’n gas in hier­die sta­ti­ge ou huis en het jy ’n ge­wel­di­ge ver­ant­woor­de­lik­heid om dit so goed moont­lik te be­waar.”

Die 5 kW drie­fa­se-krag wat ses­tien son­pa­ne­le op die dak op­wek, voor­sien in die ge­sin se ba­sie­se e­lek­tri­si­teits­be­hoef­tes; wan­neer dit te min is, ska­kel die stel­sel oor na mu­ni­si­pa­le krag. Maar e­ni­ge e­lek­tri­si­teit wat hul­le nie ge­bruik nie, word te­rug­ver­koop aan die mu­ni­si­pa­li­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.