Ge­po­leer­de be­ton

Tuis - - DEKOR -

Dis die duur­saam­ste op­sie as jy ’n se­ment­voor­koms wil hê. Eers word die be­ton ge­skuur, wat die klip­brok­kies in die be­ton­meng­sel ont­bloot. Daar­na word dit af­ge­rond met ’n deur­drin­gen­de ver­se­ë­laar en met ’n po­leer­der ge­poets.

Die ar­gi­tek Na­di­ne En­gel­brecht het ’n be­ton­meng­sel van La­far­ge (Ar­te­via Po­lis­hed G­rey 9,5 mm Do­lo­mi­te­pomp­meng­sel) vir die vloe­re in haar huis in P­re­to­ria ge­bruik. Dank­sy die sterk­te is dit so te sê kraak­vry.

In­stal­le­ring Nie al­le be­ton­vloe­re kan ge­poets word nie; laat toets be­staan­de be­ton­vloe­re, by­voor­beeld on­der af­vlak­lae, te­ëls of mat­te, deur ’n spe­si­a­lis vir hard­heid (die Mo­hs-toets). In­dien jou vloer ge­skik is, sal e­ni­ge be­staan­de ver­se­ë­laars of de­klae eers ver­wy­der en e­ni­ge kra­ke eers her­stel moet word.

Spe­si­a­lis-toe­rus­ting word dan ge­bruik vir die eer­ste skuur­werk, en na­dat al­le k­lein mer­kies ver­wy­der is, word dit fi­naal ge­poets. Jy kan ’n laas­te, deur­sig­ti­ge ver­se­ë­laar aan­wend as jy ’n spe­si­fie­ke mat of glans­af­wer­king wil hê.

Droog­tyd Jy kan ty­dens die po­leer­pro­ses op die be­ton­vloer loop. As jy ’n fi­na­le se­ël­laag laat aan­wend, neem dit so­wat 24 uur om droog te word.

Kos­te So­wat R330/m2 vir skuur, po­leer en ver­se­ël; ’n 100 mm-be­ton­laag kos R180–R280/m2.

Jy kan dit self doen! Jy moet net al die no­di­ge ge­reed­skap (en vas­be­ra­den­heid!) hê.

As jou se­ment­vloer nie die ver­eis­te sterk­te (30 MPa) het nie, kan jy ’n nu­we se­ment­vloer gooi of S­to­ne C­hip Floor­ing van Floor­ing Gu­ru kies. Dis ’n glad­de de­ko­ra­tie­we aan­wen­ding, 3 tot 15 mm dik, wat be­staan uit ’n ba­sis­kleur van jou keu­se ge­meng met klip­sker­we (± 6 mm groot) wat soos ge­po­leer­de be­ton lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.