Tuis

Mooimaak-idees vir buiteruimt­es

Van potte en patrone tot beelde en kaste – mooigoed is ’n moet, ook in jou tuin.

-

1 Potte

Wie onthou nie wat potplante vroeër jare was nie: plante wat in kleipotte en konfytblik­ke in reguit rye op die veranda gerangskik gestaan het. Só skryf Nancy Gardiner in haar boek Tuinmaak maklik gemaak. Vandag is daar ’n wonderlike verskeiden­heid potte, bakke, mandjies en vensterbak­ke van allerlei materiale beskikbaar waarmee jy enige styl en stemming kan skep.

In André Kruger van Garden Bleu se eie tuin in Pretoria het hy die inrit geskei van die tuin met ’n ry suurlemoen­boompies in potte, elkeen op sy eie kort pilaar. “Ek glo die herhaling van sekere elemente skep ritme, en ritme skep rustigheid – daarom die herhaling van die potte op die pilare.”

Hy sê dis maklik om ’n soortgelyk­e effek te bewerkstel­lig, maar kies altyd potte in dieselfde vorm en grootte eerder as verskillen­des, anders kan dit gou die teenoorges­telde effek hê en in visuele chaos ontaard.

Wenk Veral in ’n klein tuin is houers met aantreklik­e en interessan­te vorms ’n seën, skryf Nancy. Hulle dien as ’n dekoratiew­e element, asook ’n tuiste vir allerlei plante. Hulle kan met bome, struike, jaarplante en selfs kruie en gr9oe8ntte­ubiespAlau­ngt wusotrdu.s

3 Werkstasie

’n Tafel waar jy steggies kan maak, saadjies uitplant of moeë plante nuwe lewe probeer gee, is ’n moet vir almal wat lief is vir tuinmaak. Geraldene sê dis hier waar sy graag op ’n Sondag met haar plante woeker of sit en lees. “Ek is mal daaroor om iets uit niks te maak. Dié werkstasie bestaan eintlik uit twee vervoerkra­tte wat ons iewers opgetel het. My planttafel is altyd ’n aanknoping­spunt vir geselsies, want ons kyk daarop uit wanneer ons op die stoep kuier,” vertel sy.

Die prentjie word afgerond met staalwerk, potte en horings teen die muur. Selfs ’n geroeste gieter en ou emaljebeke­r is ingespan as potplantho­uers tussen haar versamelin­g terracotta-potte. >>

2 Patrone op die vloer

Wat is nou lekkerder as verskillen­de teksture onder jou voete? In Geraldene Downey Paton se tuin in Durban (links) het Jan Blok van Blok Designs die vloer versier met ’n kombinasie van stapblokke, spoorwegdw­arslêers, spoelklipp­e, stompe en grondbedek­kers.

Helga du Randt se klein tuintjie in Pretoria (onder) spog met ’n “Persiese tapyt” op die grond. Die effek is geskep met ’n ysterraamw­erk wat spesiaal vir haar ontwerp is deur André van Garden Bleu – dit vorm die binnelyne van die “mat”. Spoelklipp­e in verskillen­de kleure en groen pepermentm­os (Mentha requienii ) vul die patroon in, terwyl ’n pot vol geil Euphorbia ‘Diamond Frost’ in die middel dit afrond. Nou lyk haar tuinvloer ekstra mooi van die stoep af.

4 Lewende mure

’n Vaal muur is in ’n lushof vir die oog omskep danksy immergroen kruipvy (Ficus pumila) wat die perfekte agtergrond skep vir ’n mooi ystertrali­e-hek en rakke vol potplante. “Ons het dié hek op Deneysvill­e in die Vrystaat gevind en dit werk perfek teen die muur,” vertel Geraldene. Dis die ideale uitstalple­k vir haar versamelin­gs harte, krale, bokhorings en ’n kruis.

Rakke is ideaal vir ’n tuinmuur waar die ruimte beperk is, soos in ’n stegie of waar jy die vloerspasi­e nodig het vir iets anders. Dit hoef nie breed te wees nie – selfs 20–30 cm bied genoeg pakplek vir heelparty potte en mooigoed.

Wenk As jy ’n vaal vibracrete-muur met kruipvy in ’n lewende muur wil omskep, seël die vibracrete eers met ’n produk soos Plascon Brickseal omdat dié mure ’n poeier afskei wat dit moeilik maak vir die plant om daarteen vas te suig. Kruipvy is ’n goeie muurbedekk­er omdat dit so plat teen die muur groei. Jy kan voorwerpe bo-oor dié ranker hang, of tussen-in as jy bereid is om dit gereeld oop te snoei.

5 Kaskenades

Meubelstuk­ke soos groot, ou vertoonkas­te en eetkamerst­oele hoef nie tot binne die huis beperk te word nie. Geraldene, ’n opperste snuffelaar, het Suid-Afrika al platgereis – en oral raap sy weggooigoe­d op. Dié lendelam kas het sy op Rosendal in die Vrystaat raakgeloop. Die blou kleur het dadelik haar aandag getrek en dit was die ideale stuk om ’n fokuspunt teen ’n saai muur in haar binnehof te skep.

Benewens terracotta-potte van verskillen­de groottes op die rakke en selfs in die laaie word die kas omring deur tuinstewel­s, harte, antieke tuingereed­skap, ou borde, teepotte en selfs ’n trekkersit­plek. Op die vloer pronk ou Winterton-broodpanne met kruie van elke geur – Geraldene se gunsteling-element.

6 Beelde

’n Beeld verleen nou maar eenmaal daardie ietsie ekstra aan ’n tuin – dit kan ’n groot apploustre­kker wees of iets meer subtiels wat saamsmelt met die plante. Dié Marieke Prinsloo-Rowe-beeld in Helga du Randt se Pretoria-tuin skep ’n lieflike fokuspunt en is so geplaas dat jy dit behoorlik kan geniet wanneer jy op die stoep sit.

Hoewel dié standbeeld ’n waardevoll­e kunswerk is, kan goedkoper beelde dieselfde trefkrag hê. Doodgewone sement verweer mooi en ontwikkel mettertyd ’n lieflike patina.

Wanneer jy ’n beeld oorweeg, hou dit eenvoudig. Net soos met enige kunswerk moet jy iets kies wat vir jou beeldskoon is en “met jou praat”. Plaas dit aan die einde van ’n paadjie of gangetjie of in die middel van ’n muur. Maak seker dit word versag deur omliggende plante en ’n groen agtergrond.

7 Water-elemente

Watertuite in fonteine is die ideale geleenthei­d om lekker te speel en kreatief te dink. Of dit nou antieke krane, leeukoppe of visse is, jy kan vrye teuels aan jou verbeeldin­g gee. Drie kraanvoëls van verskillen­de groottes in Geraldene se tuin omskep ’n gewone waterfokus­punt (ontwerp deur Blok Designs) in iets besonders. “Dié fontein is sigbaar deur ’n glasvenste­r sodra jy by die voordeur instap,” sê sy. “Dit is regtig betowerend. Dit skep ’n gevoel van diepte en trek ’n mens behoorlik by die ruimte in.”

Sement en staal is ’n pragtige kombinasie en werk goed saam met water: Die alge wat op sement groei, skep ’n ouwêreldse effek, terwyl staal lieflik verouder in die buitelug.

 ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Elza Cooper en Sally Chance ??
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Elza Cooper en Sally Chance
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KONTAK André Kruger (Garden Bleu) 082 893 5669, gardenbleu.co.za Jan Blok (Blok Designs) 082 455 4451, janblok.co.za
KONTAK André Kruger (Garden Bleu) 082 893 5669, gardenbleu.co.za Jan Blok (Blok Designs) 082 455 4451, janblok.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa