Dink groot!

Tuis - - ONS LESERS SE -

Jo­hann Al­berts en Hen­nie Cron­je van Mos­sel­baai skryf Ons is se­ker van die groot­ste aan­han­gers van Tuis en sien maan­de­liks uit na al die prag-ar­ti­kels en i­dees. Ons het so d­rie jaar ge­le­de af­ge­tree en ’n ver­waar­loos­de du­et­huis met ’n on­be­lem­mer­de uit­sig op die see en die Ou­te­ni­qua­berg ge­koop – i­de­aal vir wal­vis­se en dol­fy­ne kyk. Die du­et het ons om­skep in een mas­sie­we ei­en­dom van om­trent 500 m². Mu­re is uit­ge­breek om ruim dog ge­sel­li­ge leef­a­re­as met kwa­li­teit­af­wer­kings te skep waar ons ver­sa­me­ling kuns­wer­ke van­oor die wê­reld uit­ein­de­lik tot hul­le reg kan kom.

Ná die huis se ge­daan­te­wis­se­ling het ons die tuin ge­ta­kel. Ons het die straw­we see-toe­stan­de deeg­lik in ag ge­neem met die be­plan­ning en uit­leg, en 14 maan­de la­ter so­waar die eer­ste plek vir groot tui­ne in ’n plaas­li­ke tu­in­kom­pe­ti­sie ver­o­wer!

Ons hoop ons fo­to’s dien as aan­spo­ring vir le­sers wat ook sul­ke groot pro­jek­te wil aan­pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.