Tuis

KORTLIKS

-

Goeiedag, Riana. Jou stories laat altyd my hart warm klop en ek kon nie die versoeking weerstaan om te reageer op “Iets wat ek my eie kan noem” in die April 2017-uitgawe nie. Ek is ’n groot diereliefh­ebber en waardeer hul lojaliteit net so baie soos jy. Dankie en groete uit die Noord-Kaap. – Anél

Met die groot droogte hier in die Kaap het ek ’n buitestort geïnstalle­er met ’n sinkbad waarin ek my stortwater opvang sodat dit weer in die tuin gebruik kan word. Die sinkbad was ’n AgriMark-kopie – die personeel daar sê dis nou gewilder as ooit by almal wat wil water bespaar. – Jacobus Oosthuizen

Ons het onlangs verhuis en ek moes omtrént weggooi en minder maak – maar raai wat moes eenvoudig saamkom? My stapel Tuistydskr­ifte. Dit kon nie anders nie, want dis hulle wat my laat tuis voel en laat tuiskom na die plek wat ek liefhet, waar my hart altyd bly al verlaat my voete dit. Dankie,

Tuis, dat jy my nog altyd getrou bygestaan het om van my huis ’n tuiste te maak sodat die “gedienstig­e engel” met ’n glimlag kan omdraai en sê: “My diens is hier oorbodig,” soos C.J. Langenhove­n geskryf het. – Anna-Marie de Swardt, Franschhoe­k

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa