Kor­rek­tie­we snoei

Tuis - - TUINDAGBOEK -

Is jy be­kom­merd dat jy nie “reg” ge­snoei het nie? In Au­gus­tus het jy die kans om weer te pro­beer. Selfs al het jy nog glad nie ge­snoei nie, is daar nog ge­noeg tyd; boon­op sal jy kan sien hoe­veel o­gies uit­ge­loop het, wat vir jou aan­dui hoe die roos wil groei.

In­dien daar s­terk nu­we groei ver­der on­der­toe op die s­teel is, snoei te­rug tot daar. Dit laat die roos sy e­ner­gie op daar­die y­we­ri­ge nu­we lo­te fo­kus, en die re­sul­taat is ’n s­terk nu­we s­teel.

Strui­ke met ge­vurk­te tak­ke en sy­lo­te kan ook weer ge­snoei word. Snoei een loot waar ’n tak ge­vurk het en ver­wy­der die sy­tak­kies.

’n Lig­te snoei kan ook ver­oor­saak dat blin­de lo­te en te veel kort ste­le ont­wik­kel. Te veel o­gies bly ag­ter op die ge­snoei­de loot en dan loop hul­le al­mal uit. Ver­min­der ge­swel­de of uit­ge­loop­te o­gies deur tak­kies en ge­vurk­te lo­te af te sny; dit sal die e­ner­gie op die oor­bly­wen­de nu­we lo­te fo­kus, wat be­ter lo­te op al­le bos­ro­se (hi­bried-tee, flo­ri­bun­da-, An­ti­co Mo­der­noen Fai­ry Ta­le-ro­se) tot ge­volg sal hê.

’n Kor­rek­tie­we snoei is ook goed waar ste­le te na aan me­kaar groei. In die al­ge­meen moet daar 20 cm (min of meer ’n snoei­skêr se leng­te) tus­sen die on­der­skeie ste­le wees. Dit laat ge­noeg ruim­te vir nu­wes om te groei en sorg dat die ro­se ge­noeg lig kry. Ver­wy­der die ste­le wat na die mid­del van die bos of oor­kruis oor an­der ste­le groei.

Rank­ro­se wat nie ge­snoei en op­ge­lei is nie, kan ook in Au­gus­tus ge­snoei word. Maak die ro­se los en trek die ste­le los van me­kaar. Ver­wy­der ou­er tak­ke en maak die oor­bly­wen­de ste­le aan ’n s­tut vas; sorg dat hul­le so ho­ri­son­taal moont­lik lê. Dit ak­ti­veer die o­gies al langs die he­le s­teel om uit te loop en te blom, nie dié net aan die punt van die s­teel nie.

Dié roos het te veel sy­lo­te en kort ’n kor­rek­tie­we snoei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.