Plan­te van die maand Twee lief­li­ke len­te­blom­men­de strui­ke

Strui­ke wat blom­me dra, gee hoog­te én kleur aan jou tuin. Hier is twee staat­ma­kers.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster en Sal­ly C­han­ce

Ge­wo­ne sneeu­bal (Vi­bur­num o­pu­lus ‘Ro­seum’)

Met sy groot bal­le room­wit blom­me maak die sneeu­bal­bos ’n tref­fen­de ver­to­ning in die len­te. Die blom is eint­lik ’n klomp klein blom­me­tjies wat saam soos ’n bal lyk. Die blom­me is aan­vank­lik groen en raak room­wit met ver­loop van tyd tot­dat die bos vir so­wat vier we­ke oor­trek is met ’n mas­sa blom­me wat jy beslis nie kan mis­kyk nie! En in die herfs sorg dit vir nog kleur in jou tuin wan­neer die bla­re prag­tig ver­kleur.

Die ge­wo­ne sneeu­bal hou van goeie so­mer­re­ën; hou dit dus nat in die so­mer in win­ter­re­ën­ge­bie­de en plek­ke met baie droë so­mers. Dit ver­kies ook koel tot koue win­ters en sal nie goed aard in baie droë bin­ne­land­se ge­bie­de of die warm, vog­ti­ge de­le van die land nie. Plant die sneeu­bal­bos in die son, hoe­wel dit half­ska­du­wee sal ver­kies op plek­ke met ’n warm, droë len­te – hou dan ook die wor­tels koel met ’n dik dek­laag.

Die struik het re­de­lik ryk en vrug­ba­re grond no­dig en hou van ’n wind­be­skut­te plek.

Al­bei die strui­ke raak groot. Hou die vol­was­se plan­te se grootte in ge­dag­te wan­neer jy be­sluit waar om hul­le te plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.