Kom­bui­se Maak dit die spil­punt van jou huis!

Die kom­buis bly maar die mid­del­punt van me­ni­ge huis­hou­ding. Ons kyk na ses styl­vol­le werk- en kui­er­kom­bui­se.

Tuis - - CONTENTS -

Die El­lis De Luxe-sto­fie kom van die fa­mi­lie­plaas van K­ris­jan se le­wens­maat, Douw Bo­tha, op Ly­den­burg. “Toe sy pa, Jaap, oor­le­de is, het die sto­fie ’n stads­mei­sie ge­word. Sy werk lief­lik en hou ook die he­le huis warm in die win­ter,” ver­tel K­ris­jan.

#1 KOM­BUIS Kleur en fleur

Toe K­ris­jan Fou­rie sy We­st­de­ne-huis uit die veer­ti­ger­ja­re op­ge­knap het, het hy een ding ge­weet: In­ge­bou­de kas­te en ’n te­ël­vloer sou nie deug in sy kom­buis nie. “In my nu­we kom­buis wou ek ’n eet­ka­mer­ta­fel hê waar­by ’n ska­re kan aan­sit, as­ook ’n kla­vier so­dat ons kom­buis­te­a­ter kon hou!” ver­tel K­ris­jan, wat kook­klas­se by sy huis aan­bied.

Van­dag be­slaan dié oop­plan-ver­trek ’n ruim 120 m² en spog dit met ’n kon­tem­po­rê­re wit e­pok­si­vloer en los­staan­de re­tro-meu­bels – K­ris­jan be­skryf die styl as “re­tro-kitsch”.

Die vin­ta­ge-e­le­men­te in dié ver­trek, wat uit­loop op die tuin, het hy self oor ja­re by­me­kaar­ge­maak.

“Die mees­te het ek by wy­le Le­o­nard Wicht­man van die des­tyd­se Bru­ce Tait’s Kitsch Col­lec­ta­bles in Kaap­stad ge­koop,” ver­tel hy.

Die geel-en-groen vin­ta­ge-kas kom van ’n twee­de­hands­win­kel op Ro­sen­dal in die Vry­staat. “Ek het in ’n ‘bin­ge’ se­we kas­te daar ge­koop!” >>

Ei­land­pa­ra­dys

Gas­te drom ge­woon­lik saam rond­om die kom­buis­ei­land. “Dis aan­sien­lik ho­ër as die ge­wo­ne, want ek is ’n Lang­jan,” skerts K­ris­jan. “Ek wil nie ná ek ge­kook het voel as­of ek was­goed in die ri­vier ge­was het nie!”

Die ei­land dien ook as fo­to­sta­sie wan­neer hy kook­klas­se aan­bied. “Ek pak al die be­stand­de­le eers daar­op uit vir ’n kie­kie. En as die kook­werk klaar is, word die ge­reg­te ook hier af­ge­neem. Ver­der is die ei­land ’n kui­er­plek tus­sen die wer­ke­ry deur. Dit staan op wie­le so­dat ons dit mak­lik kan rond­skuif ag­ter die lek­ker­ste son­kol aan.”

’n Vriend, Nic Fen­ske van Wood-nWot­nots, het die ei­land, as­ook die eet­ta­fel ge­maak van die huis se oor­spronk­li­ke O­re­gon­den­ne­hout-dak­kap­pe. “Dis ’n ma­nier van her­win wat die gees van die ou huis laat voort­leef,” sê K­ris­jan.

Wat is sy raad vir an­der wat ’n soort­ge­ly­ke kom­buis wil skep? “Dis ’n groei­pro­ses waar­in jy baie van jou­self gaan leer. Kleur ge­rus bie­tjie in oor die ly­ne, en laat daai wil­de streep in jou los!” >>

Die kleu­re en ska­ke­rings van die son­stra­le wat deur die glas­wa­re voor die ven­sters op die wit vloer val, is ’n kuns­werk op sy eie. – K­ris­jan

Slim plan

Die was-en-op­was­ka­mer is ’n smal ver­trek wat ag­ter dié muur ver­steek is. Hier kruip die skot­tel­goed­was­ser, was­bak­ke, oop rak­ke vir breek­wa­re en ’n ys­kas weg.

#2 KOM­BUIS Kleur en fleur

Pam en Mark Lee van Ron­de­bosch het groot plan­ne vir hul op­knap­pro­jek ge­had: Die be­staan­de kom­buis moes plek maak vir ’n TV-ka­mer en wyn­kel­der, waar­na ’n nu­we 40m²-kom­buis en ’n op­was­ka­mer aan­ge­bou moes word. Maar geen pro­jek kom na­tuur­lik son­der sy uit­da­gings nie – vir hul­le was dit om die nu­we kom­buis te laat lyk as­of dit nog al­tyd deel van hul 100 jaar oue huis was.

“’n Mo­der­ne kom­buis was beslis bui­te die kwes­sie,” ver­tel Pam. Daar­om het sy en Mark by sloop­wer­we en aan­lyn be­gin rond­soek na her­win­de bou­ma­te­ri­aal: breë O­re­gon­den­ne­hout-vloer­plan­ke, ou­ten­tie­ke ter­ra­cot­ta­te­ëls, as­ook O­re­gon-pla­fon­bal­ke – per­fek vir die voor­koms wat hul­le wou hê.

“Dit was nog­al har­de werk om die reg­te leng­tes, breed­tes en hoe­veel­he­de te kry,” ver­tel Mark, “maar op die ou ein­de het ons ge­noeg van al­les ge­had.”

Die Lees het Hol­ly Wood Kit­chens op­drag ge­gee om daar­die ti­pie­se Pro­ven­saal­se of plaas­voor­koms met die kom­buis­kas­te te skep. Die kleur­ske­ma is swart, rooi en room – ’n kom­bi­na­sie waar­van hul­le baie hou.

“Die swart kas en rooi ei­land staan uit, ter­wyl die res van die kas­te met die mu­re saam­smelt,” ver­tel Pam.

Die spil­punt van dié kom­buis is die ei­land van 2,4 x 1,2m. “Om­dat die gas­stoof in die ei­land in­ge­bou is, is dit waar ons al die voor­be­rei­ding doen, kook én eet. Ons ge­niet ook ont­byt of d­rink kof­fie of wyn saam met vrien­de hier.” >>

Deur Be­a­tri­ce Moo­re-N­öthna­gel Fo­to’s ER Lom­bard, Fran­cois O­ber­hol­ster, El­za Cooper, Jus­tin Pa­trick en Hen­ri­que Wil­ding S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk, A­man­da van Wyn­gaardt en Hen­ri­que Wil­ding

Dis in die de­tail K­ris­jan hou daar­van om mooi­goed in die kom­buis uit te stal; hy glo dit gee kui­er­gas­te ’n ky­kie in jou kop. Hy wis­sel sy uit­stal­lings sei­soe­naal af en hou só die voor­koms vars en nuut.

Die skil­de­ry is deur May Went­worth; K­ris­jan sê een van haar wer­ke is ’n moet vir “e­ni­ge plek met gees”. Dis in die de­tail Mi­cha­el van Alphen van Foss Fur­ni­tu­re het die eet­ka­mer­stoe­le ge­maak. Dis so ont­werp dat die rug­kan­te kan kan­tel en die stoe­le on­der die eet­ka­mer­ta­fel kan in­skuif so­dat al­mal ty­dens kook­klas­se by die ta­fel kan werk; ag­ter­na trek hul­le een­vou­dig die stoe­le uit en sit aan.

Dis in die de­tail In een poot van die ei­land is ’n krag­prop wat aan ’n son­krag­bat­te­ry ge­kop­pel is. [ ] DIE AFWERKING Muur­kleur “Dood­ge­woon wit”, sê K­ris­jan Vloer Wit Flo­w­cre­te-e­pok­si

Slim plan Die 9 kg-gas­si­lin­der staan op ’n uit­trek­laai on­der­in die ei­land. ’n Pot­terak ge­maak deur Ti­me For Li­ving In­te­ri­ors bo die ei­land rond die kom­buis af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.