Kort­pad­kos Aand­e­te in ’n jap­trap

Kleur­vol, mak­lik – en smaak­lik ver­by.

Tuis - - CONTENTS -

Aar­tap­pel-en-maal­vleis­ge­bak On­der R105 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 200°C

• 750g be­vro­re aar­tap­pel­wig­gies • 15ml o­lyf­o­lie • 1 ui, ge­kap • 350g maal­vleis

• 1 rooi soet­ris­sie, ge­kap • 15ml ta­ma­tie­pas­ta • 2 wie­le fe­ta, ge­krum­mel • s­ri­ra­cha­sous en vars ba­si­lie

1 Voor­ver­hit die oond. Ver­sprei die aar­tap­pel­wig­gies in ’n ge­smeer­de oond­bak, geur met sout en pe­per en bak vir 20 mi­nu­te.

2 Ver­hit in­tus­sen die o­lie en braai die ui tot glan­send. Voeg die maal­vleis by en braai tot goud­bruin (breek die vleis deur­gaans met ’n spaan op tot kor­rel­rig). Voeg die soet­ris­sie, sout en pe­per na smaak by, ge­volg deur die ta­ma­tie­pas­ta en ’n skeut­jie wa­ter. Laat prut vir 15 mi­nu­te.

3 Draai die gaar aar­tap­pel­wig­gies ’n slag om en skep dan die maal­vleis bo-op, ge­volg deur die kaas. Bak vir nog 10 mi­nu­te. Sit voor met die s­ri­ra­cha en ba­si­lie.

S­meer­kors-piz­za On­der R130 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 30 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

•45 ml son­ge­droog­de ta­ma­tie-p est o • 2 blik­ke (120g) tu­na, ge­drei­neer • 100g o­ly­we, ont­pit • 200g ker­sie­ta­ma­ties, ge­hal­veer • 200g moz­za­rel­la, in sky­fies ge­sny • ’n hand vol vars ro­ket

KORS • 250 ml bruis­meel • 125 ml melk • 2 ei­ers • 60 ml o­lie • knip­pie ge­meng­de kruie

1 Voor­ver­hit die oond. K­lits die kors­be­stand­de­le saam tot glad en giet dit in ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is (die be­slag is re­de­lik lo­pe­rig).

2 S­tip nou hal­we tee­le­pels pes­to oor die he­le kors, strooi die tu­na, o­ly­we en ker­sie­ta­ma­ties oor en rang­skik die moz­za­rel­lasky­we bo-op. Bak vir so­wat 30 mi­nu­te of tot goud­bruin en gaar.

3 Strooi die ro­ket bo-oor, be­sprin­kel met o­lyf­o­lie en lê weg. Wenk Speel maar met die bo­laag – die e­nig­ste kern­be­stand­deel is die kaas!

Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.