Cla­fou­tis, stap vir stap

Die Fran­se vla­tert cla­fou­tis lyk op die oog af na ’n def­ti­ge plan met sag­te­vrug­te en bes­sies – maar dis baie een­vou­dig om te be­rei.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Fran­se vla­tert Ge­noeg vir 1 tert Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te, plus week­tyd Bak­tyd: 35–45 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

• 400g van een of meer van die vol­gen­de: prui­me, fram­bo­se, vye en ker­sies (nek­ta­riens en ap­pel­ko­se werk ook goed) • 30ml li­keur soos Kirsch, of bran­de­wyn* • 15ml bot­ter, sag • 15ml strooi­sui­ker • ver­sier­sui­ker en dikroom of room­ys vir voor­sit BE­SLAG • 3 ek­stra­groot ei­ers • 1 ei­er­geel • 250ml room • 200ml melk • 90g (160ml) koek­meel • 7ml bak­poei­er • 105g (125ml) strooi­sui­ker • knip­pie see­sout

* As jy nie al­ko­hol wil ge­bruik nie, week die vrug­te in 15 ml roos­wa­ter.

1 Meng al die vrug­te en week dit vir ’n uur in die li­keur. 2 Smeer ’n ron­de oond­bak met die sag­te bot­ter en strooi die sui­ker e­we­re­dig oor die bo­dem. Ver­sprei die vrug­te in ’n e­we­re­di­ge laag bo-op. Voor­ver­hit die oond.

3 Maak die be­slag K­lits die ei­ers, room en melk saam en hou een­kant. Sif nou die meel, bak­poei­er, strooi­sui­ker en see­sout saam. K­lits die vloei­stof ge­lei­de­lik by die droë be­stand­de­le tot ’n glad­de be­slag vorm.

4 Giet die be­slag oor die vrug­te en bak vir 35–45 mi­nu­te of tot op­ge­pof en hier en daar lig­bruin. Sif die ver­sier­sui­ker oor en sit voor met ’n le­pel dikroom of room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.