Vra die ken­ners

Wil jy ou vloe­re op­kik­ker of ’n klein ruim­te be­ter be­nut? Vra net – ons kry die ant­woor­de.

Tuis - - CONTENTS - Saam­ge­stel deur Kim A­rend­se

Die huis­ei­e­naar Ra­chel­le Ester­hui­zen ant­woord Joné se vrae: V: Hoe­veel bruin­pa­pier gaan ek no­dig hê? A:

El­ke vier­kant is min of meer 30 x 30 cm groot. Meet die grootte van jou ver­trek en be­re­ken hoe­veel vier­kan­te jy sal no­dig hê om die he­le vloer te be­dek.

V: Het jy ge­wo­ne bruin­pa­pier van ’n hand­werk­win­kel ge­bruik? A:

Ons het vel­le by my skoon­ma se slag­te­ry ge­kry – dis dik­ker as ge­wo­ne pa­pier, wat be­te­ken dit skeur nie so mak­lik nie. Ek is se­ker jy kan iets soort­ge­lyks by ’n skryf­be­hoef­te­win­kel kry.

V: Hoe het jy dit met die koue lym vas­ge­plak? A:

Die vier­kan­te is voor­af uit­ge­knip. Ons het die koue lym met wa­ter ge­meng om dit lo­pe­ri­ger te maak (so­wat 2 de­le lym en 1 deel wa­ter). Meng ge­noeg om ’n groot, plat bak min­stens 1 cm diep te vul – die pa­pier moet plat in die bak kan lê. Daar­na het ons die vier­kan­te deur die gom “ge­trek” om dit heel­te­mal te be­dek – maar pas­op, te veel gom kan die pa­pier laat skeur. Jy moet baie ver­sig­tig werk.

Toe het ons el­ke vier­kant in die reg­te po­si­sie op die vloer neer­ge­sit en ’n laag gom met die hand bo-oor aan­ge­wend. Stryk dit lig­gies plat om lug­bor­rels uit te werk. Jy kan ook ’n spons­rol­ler ge­bruik om bo-oor die vier­kan­te te “verf”. Ná so vyf blok­ke sal jy jou rit­me vind, dan kan jy laat waai!

V: Hoe het jy se­ker ge­maak die pa­pier bly in plek? A:

So­dra die he­le vloer be­dek is, moet dit min­stens 24 tot 36 uur on­ge­steur bly. Ons het seil­jag­ver­nis (War­ri­or Woodtre­at Yacht Var­nish) met ’n ver­frol­ler bo-oor aan­ge­wend om die he­le op­per­vlak te ver­se­ël; gee dit 24 uur kans om droog te word voor jy ’n twee­de laag aan­wend. Die vloer is ge­reed so­dra die twee­de laag droog is (nog 24–36 uur la­ter).

Be­lang­rik Die vloer kan nie staan­de wa­ter han­teer nie, maar ek mop my vloe­re wel son­der pro­ble­me. Sit vilt on­der stoel- en ta­fel­po­te om te keer dat dit skuur­mer­ke maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.