Klein Pi­cas­so

Tuis - - VARS IDEES -

Ho­me se eind­re­dak­teur, Tes­sa Je­an-Ja­c­ques, se dog­ter, Zoey (9), was nog al­tyd lief vir te­ken. “Oor die ja­re het sy weg­be­weeg van speel­se, hel­der kleu­re en be­gin eks­pe­ri­men­teer met ’n gra­fie­se swart-en-wit styl,” sê Tes­sa. Om dié ont­lui­ken­de kuns­te­naar se werk uit te stal, is vyf van Zoey se te­ke­nin­ge ge­bruik vir dié tref­fen­de sit­kus­sing. Dis 50 x 50 cm groot – per­fek vir haar ka­mer of selfs die sit­ka­mer. Die pren­te is di­rek op die lap ge­druk (die mees­te win­kels wat druk­werk doen en fo­to’s ont­wik­kel, kan jou help) voor die vier­kan­te aan­me­kaar­ge­stik is. Een kant is oop­ge­los so­dat dit met skuim­bal­le­tjies ge­vul kon word (dis be­skik­baar by po­lis­ti­reen-ver­skaf­fers) en toe met die hand toe­ge­werk. Druk­werk op seil deur Orms

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.