Jo­hann en Lie­sl se huis is nie jou ti­pie­se Kaap­se droom­huis met ’n pa­no­ra­mie­se uit­sig op Ta­fel­berg nie ...

Tuis - - LESERHUIS -

Nee, dié huis sal jy eer­der ei­en aan sy be­koor­li­ke sink­dak en broe­kies­kant – ’n on­op­ge­smuk­te Vic­to­ri­aan­se plaas­huis teen Ty­ger­berg se hang.

“Dit is pre­sies wat ons wou hê toe ons die erf in 1994 ge­koop het,” ver­tel Lie­sl. “Toe ons des­tyds laat bou het, moes ons spe­si­a­le toe­stem­ming kry om sink­pla­te op die dak te ge­bruik, om­dat dit glo nie by die styl van die buurt sou pas nie,” lag sy oor ’n gla­sie pienk von­kel­wyn.

“Jo­hann het op die 1 000 m²-erf reg langs die F­rik­kie K­noet­ze-ar­bo­re­tum af­ge­kom ter­wyl hy een dag daar ge­draf het. Ons het die grond vir ’n ap­pel en ’n ei ge­kry om­dat dit nie ’n uit­sig op Ta­fel­berg het nie – maar die park met in­heem­se bo­me op ons drum­pel is vir ons meer werd as ’n uit­sig.”

Lie­sl, ’n mu­siek­on­der­wy­se­res, het die huis self be­plan. Na­dat sy ru­we sket­se ge­maak het, het ’n ar­gi­teks­vriend, Ber­tie S­chreu­der, die for­me­le plan­ne op­ge­trek.

Die huis be­staan uit on­der meer drie slaap­ka­mers en drie leef­ka­mers wat uit­loop op ’n L-vor­mi­ge stoep ag­ter; dié stoep front noord en het ’n uit­sig op die ar­bo­re­tum. Ti­pies van die Vic­to­ri­aan­se bou­styl maak el­ke ver­trek met dub­bel­deu­re op die stoep oop. “As ei­e­naar-bou­ers het ons des­tyds stuk-stuk ge­bou. Jo­hann was self pro­jek­be­stuur­der om­dat hy ’n prak­tie­se aan­slag het. Ná om­trent vyf jaar was al­les uit­ein­de­lik kant en klaar,” ver­tel sy.

Drie en twin­tig jaar la­ter is die R­hee­ders steeds dol­ge­luk­kig hier, en is dit ver­al die stil­te en rus­tig­heid wat hul­le ge­niet. “Hier kom ge­reeld een­de en kol­gan­se op ons swem­bad sit en ta­ren­ta­le loop op die gras­perk rond,” ver­tel Lie­sl. Een­dag sal sy en Jo­hann nog en­ke­le bin­ne­mu­re uit­breek om die uit­leg ’n meer mo­der­ne, oop plan te gee. >> In die 23 jaar van­dat die kom­buis (regs) ge­ïn­stal­leer is, is net twee goed ver­nu­we: Die werk­blaaie is ver­vang met Ca­e­sars­to­ne, en nu­we ge­kleur­de knop­pe is aan­ge­bring aan die kas­deu­re (par­ty van glas, an­der van Car­rol Boy­es). Lie­sl is gek oor kleur, van­daar die blou Fran­cis Fran­cis-kof­fie­ma­sjien en pienk Du­a­lit-brood­roos­ter. Die swart­bord­verf teen die een muur het sy ag­ter­na aan­ge­bring vir ’n meer speel­se voor­koms. Kuns­werk teen muur deur Da­vid Kui­jers

Nie twee gla­se is die­self­de nie en hul­le kom van o­ral­oor: S­pil­haus, Wool­wort­hs, @ho­me, oud­he­de­win­kels – en na­tuur­lik mar­kies in Ar­gen­ti­nië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.