[LIE­SL SE DEKORWENKE]

Tuis - - LESERHUIS -

• As iets vir jou baie mooi is, maar pe­per­duur, koop net een daar­van – jy hoef nie al­tyd die he­le stel ge­kleur­de kris­tal­gla­se te hê nie. Dit is iets wat jy oor baie ja­re by­me­kaar­maak. • Goed­koop is duur koop. Hang eer­der net een fan­tas­tie­se, ou­ten­tie­ke kan­de­la­ber in ’n half-leë sit­ka­mer as om die ver­trek vol te prop met goed­koop meu­bels wat jy in elk ge­val gou sal moet ver­vang. In die­self­de trant is dit be­ter om eer­der min­der meu­bels, maar van goeie ge­hal­te, te hê. • Jou huis moet jou per­soon­lik­heid weer­spie­ël. As jy nie se­ker is waar om te be­gin nie, kyk na die kle­re wat jy graag dra, of jou by­kom­stig­he­de soos ju­we­le en hand­sak­ke, en ge­bruik dit as ’n ver­trek­punt. • Ver­my ten al­le kos­te om jou meu­bels by ’n en­ke­le win­kel te koop, want dan sal dit soos ’n ka­ta­lo­gus lyk. Kies een e­le­ment uit ’n win­kel (of ie­mand an­ders) se styl, kom­bi­neer dit met jou an­der harts­goed en druk so jou eie stem­pel af. >>

Ek is mal oor kris­tal en ge­kleur­de glas, maar ek koop nooit ’n ding vir ’n spe­si­fie­ke plek in my huis nie. Ek koop iets om­dat dit vir my mooi is en dan vind ek ’n plek daar­voor. – Lie­sl

Die leef­ka­mer is reg langs die kom­buis en is Lie­sl se guns­te­ling­ver­trek, met van haar mees ge­lief­de kuns­wer­ke: ’n Cla­er­hout links en ’n Carl Bu­ch­ner regs teen die muur. ’n Ar­gen­tyn­se kan­de­la­ber ver­lig die hoek en die twee­de­hand­se ge­mak­stoe­le is met San­der­son-lap oor­ge­trek. Die beeld­jies op die kag­gel­rak is van Frank van Ree­nen. Groot kan­de­la­ber van Be­ach Hou­se in Her­ma­nus; staan­lig van S­trand Tra­ding Post

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.