Lap en mooi­goed

Tuis - - LESERHUIS -

Lie­sl was nog al­tyd lief vir ’n mooi stuk lap – ’n pas­sie wat sy met haar ma, Do­le­ne Jo­bing, deel. Dié twee is ’n ge­dug­te span en baie van Lie­sl se mooi­goed kom van haar ma af, wat net om die draai bly. “My en my ma se hui­se lyk baie die­self­de; ek sou sê haar styl is ef­fe meer flam­bo­jant, ter­wyl my huis meer speels is.”

Saam snuf­fel hul­le ge­reeld by plek­ke soos die S­trand Tra­ding Post, Plan B Vin­ta­ge in Dur­ban­vil­le, die Mil­ner­ton-mark – e­ni­ge ma­te­ri­aal- of an­tiek­win­kel lok hul­le tel­kens bin­ne. Ge­blom­de San­der­son-lin­ne is iets waar­voor hul­le spe­si­fiek op die uit­kyk is, al is dit net ’n af­val­stuk van ’n me­ter op ’n slag; hul­le las graag stuk­ke lap of trek ’n en­ke­le kus­sing daar­mee oor. Do­le­ne is ook be­kend vir haar vin­ding­ryk­heid: Sy sal som­mer gou ’n ou ta­pis­se­rie op­knip en ’n ban­kie daar­mee laat oor­trek vir ’n ou­ten­tie­ke Fran­se voor­koms.

Met ’n be­soek aan Ar­gen­ti­nië kon Lie­sl en Do­le­ne hul­le kwa­lik be­dwing met al die oud­he­de in Bu­e­nos Ai­res. Al­bei het ver­skeie an­tie­ke kan­de­la­re en glas­wa­re vir ’n ap­pel en ’n ei op­ge­raap, dit ver­sig­tig toe­ge­draai en in hul hand­ba­ga­sie te­rug­ge­bring huis toe.

“Ek hou van stuk­ke waar­van daar net een is. En ek hou glad nie daar­van as goed by me­kaar pas nie. Ek glo daar­aan om my huis te ver­sier soos ek my­self aan­trek – kleur­vol en u­niek, iets wat my per­soon­lik­heid weer­spie­ël.”

Mat van Plan B Vin­ta­ge Die ko­per­bed in die gas­te­ka­mer was Lie­sl se eer­ste meu­bel­stuk, ’n mon­dig­wor­ding-ge­skenk van haar tan­nie F­rie­da O­penshaw. Do­le­ne het die bed­sprei uit Lie­sl se ou je­ans laat maak en Lie­sl het self die bed­kas­sie ge­verf. Die kuns­werk teen die muur is deur die Zim­bab­wie­se kuns­te­naar Ma­ki­wa.

Serp van Za­ra Voor dié bad in die en sui­te-bad­ka­mer deur Mend-a-Bath op­ge­knap is, is dit as ’n wa­ter­trog vir bees­te ge­bruik!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.