Toe Wes­sel Hat­tingh so­wat twee jaar ge­le­de dié “vier­kan­ti­ge huis” uit die 1950’s in Mey­er­ton koop as ’n “pro­jek” vir sy vrou, was sy nie oor­tuig dis ’n slim ko­pie nie.

Tuis - - LESERHUIS -

“Daar was nie veel waar­mee ek kon werk wat die ar­gi­tek­tuur be­tref nie,” ver­tel sy. “Boon­op was al die af­wer­kings bin­ne dood­ge­woon uit­ge­put.”

Maar een­drag maak mag, meen Ma­ri­an­ne, wat die bin­ne-ont­werp­saak La­ven­der & Li­lies In­te­ri­ors be­dryf – nie net wat die in­te­ri­eur be­tref nie, maar ook die in­ge­steld­heid van die huis se in­wo­ners.

“Saam het ek en Wes­sel die bul by die ho­rings ge­pak. Ek het self die plan­ne ge­te­ken en laat op­trek deur ’n te­ke­naar. Op­knap­werk het in Maart 2015 be­gin en teen Ok­to­ber daar­die jaar kon ons in­trek!”

Die huis, wat oor­spronk­lik drie slaap­ka­mers en net een bad­ka­mer ge­had het, het ty­dens die bou­pro­ses ’n en sui­te-bad­ka­mer, TV-ka­mer, mo­tor­huis en stoep by­ge­kry. En tus­sen die ses van hul­le (hon­de in­kluis) leef hul­le die huis vol: In die so­mer ge­niet hul­le die stoep en vuur­put, ter­wyl die kom­buis, eet­ka­mer en TV-ka­mer in die win­ter hul son­soek-guns­te­lin­ge is.

“Met die aan­bou van die mo­tor­huis is ’n bui­te­ge­bou met die huis ver­bind; hier het ons my kan­toor en Wes­sel se ‘her­laai­plek’ in­ge­rig.

“Ons is dol oor ons on­der­skeie ruim­tes. Ons het ook ’n heer­li­ke bui­te­ver­trek wat as stoor­plek en man­ne­ka­mer dien. Daar kan hul­le e­nig­iets doen – van bil­tong hang tot hout saag.” >> Die don­ker­grys muur an­ker as’t wa­re die sit­ka­mer, ter­wyl die lig­te meu­bels en spat­sels groen op die stoe­le se rug­leu­nings kon­tras ver­leen.

Groen Pa­len­cia A­cid-lap van Her­tex; pro­tea-lap van De­sign Te­am; lang spie­ëls van Flo­wer & Art Café; grys muur­kleur T­ri­bec­ca Cor­ner en lig­ter muur E­va­si­ve W­hi­te, al­bei van Plas­con

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.