Kos­baar­he­de en wins­ko­pies

Tuis - - LESERHUIS -

Die meu­bels deur die he­le huis is ’n meng­sel van splin­ter­nuut – soos haar flu­weel­bank – en stok­oud – soos erf­stuk­ke van haar ou­ma en ’n an­tie­ke kas uit In­dië wat Wes­sel vir haar ge­gee het.

“My ou­ma se spie­ël­kas is op­ge­saag en ons het kant­ta­fel­tjies daar­van ge­maak vir die sit­ka­mer,” ver­tel Ma­ri­an­ne. “My ma het ook al baie ar­ti­kels vir my ge­gee, soos die klein hout­kis­sie in die sit­ka­mer. Dis vir my baie lek­ker om ’n wins­ko­pie te neem en dit ’n nu­we la­gie verf te gee, soos die char­treu­se stoel­tjies met die uit­ge­sny­de kruis in die rug­leu­ning. My vleu­el­kla­vier, wat my baie na aan die hart lê, was ook ’n wins­koop – ek het dit by ’n tan­nie oor­ge­neem wat moes ver­huis.

“Daar is ook ’n bank in die sit­ka­mer wat ek met goud­kleu­ri­ge lap oor­ge­trek het. Dit het ’n ge­kurf­de hout­raam met knoop­de­tail teen die rug – ’n reg­te Vic­to­ri­aan­se stuk wat ek in ’n ge­ha­wen­de toe­stand ge­koop het by Be­lin­da van Ki­ki’s Vin­ta­ge S­tu­dio op Pa­rys. Ek het dit laat re­stou­reer, en sie­daar – nog ’n guns­te­ling wat een­dag ’n erf­stuk sal word.” >> Plak­pa­pier bly een van haar guns­te­lin­ge, en dis dees­dae weer hoog­mo­de. “Toe ek in gr. 8 was, het ek en ’n vrien­din my he­le ka­mer met Big­gie Best-pa­pier uit­ge­plak. Ek was so trots op my han­de­werk en daar­die ka­mer met die pienk ro­se was ja­re lank vir my prag­tig.”

Plak­pa­pier van Wal­l­pa­per Inn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.