Van nuuts af

Tuis - - KOMBUISE -

Oor die ja­re ont­wik­kel ’n plek ’n in­ge­leef­de pa­ti­na, wat ka­rak­ter skep. – Me­lis­sa

Die Van Hoog­straat­ens het die ei­en­dom bui­te S­tel­len­bosch in 2000 ge­koop, maar die huis was ver­val­le. Hul­le het dit ge­sloop en ’n nu­we huis op die ou fon­da­sies ge­bou. Al het hul­le van nuuts af ge­bou, het die kom­buis van so­wat 40 m² nog nooit nuut ge­voel nie; dis ’n ruim­te met ka­rak­ter wat by die dag ver­der ont­wik­kel.

“Die kom­buis moes ge­rief­lik en prak­ties wees, en hard werk,” ver­tel Me­lis­sa. “Dit moes die hart van ons huis wees waar ons heel­wat tyd wou span­deer ter­wyl ons saam kook, eet en ont­span.”

Dit is pre­sies wat hul­le ge­skep het – ’n kom­buis waar daar el­ke dag ge­wer­skaf word en kin­ders, vrien­de, fa­mi­lie, hon­de en kat­te wel­kom is.

Mark en Me­lis­sa het des­tyds ’n plaas­li­ke am­bags­man ge­vra om die rak­ke aan­me­kaar te tim­mer. Die i­dee was nooit dat dit ’n fo­kus­punt moes wees nie, maar eer­der ’n prak­tie­se pak­plek vir hul breek­goed en pot­te. Tog maak dit van­dag ’n prag­ti­ge prent­jie uit.

“Ek is mal oor die ge­voel van die oop rak­ke – die va­se, bot­tels en breek­wa­re skep in­te­res­san­te kleu­re en teks­tu­re, en al­les wat ek el­ke dag ge­bruik is sig­baar en mak­lik om raak te vat,” ver­tel sy.

“Ek glo jy moet jou om­ring met din­ge waar­voor jy lief is; met rak­ke soos dié kan jy el­ke dag daar­na kyk en dit ge­niet. Maar so­dra die plek te vol raak, pak ek ’n slag uit en gee weg. Ek wil nie goed hê wat ek nie ge­bruik of no­dig het nie.”

Die ei­land, des­tyds pas­ge­maak deur Al­lan Lut­ge An­ti­ques and In­te­ri­ors, word ge­bruik vir al­les – van voor­be­rei­ding en op­die­ning tot pak­plek vir fles­se vol tuis­ge­bak­te koe­kies.

“My kin­ders sit ge­reeld om die ei­land en ge­sels met my ter­wyl ek kook,” sê Me­lis­sa. “Ons bê­re ons eet­ge­rei daar en ek is mal daar­oor om blom­me en plan­te daar­op neer te sit vir ’n bie­tjie teks­tuur. Par­ty­keer eet ons ook daar. Ons huis is ont­werp om by ons leef­styl te pas en hier­die ei­land is ’n goeie voor­beeld daar­van – ons ge­bruik dit vir so baie din­ge.”

Haar kom­buis is prop­vol her­in­ne­rin­ge, sê Me­lis­sa. “Ek het my kin­ders hier ge­voer toe hul­le ba­bas was. Nou voed ek hor­des tie­ners hier, en dit sal al­tyd ’n plek wees waar ons saam lek­ker kos maak en ge­niet, en lief­li­ke her­in­ne­rin­ge skep vir nog baie ja­re vo­ren­toe.” >>

Me­lis­sa se ver­sa­me­lings plaas­li­ke ke­ra­miek­wa­re (deur Gem­ma Or­kin, Mer­vyn Gers, Chris­to Gi­les, Ja­ni­ce Ra­bie en Mud S­tu­dio) vang die oog in die blou­ge­verf­de kas. Dis in die de­tail ’n Ry blom­hou­ers wat ge­woon­lik in rang­skik­kings ge­bruik word, ver­sier een muur.

[ ] DIE AFWERKING Vloe­re Cor­co­le­um (’n kom­bi­na­sie van hout­poei­er en hars) Werk­blaaie (kas­te en ei­land) geel­hout Lig­te E­mal­je-lig­te, ’n ge­luk­ki­ge vonds by ’n ys­ter­wa­re­win­kel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.