Op ’n be­gro­ting

Tuis - - KOMBUISE -

Zirk en C­har­né Kay het dié kom­buis in hul huis in Vier­lan­den, Dur­ban­vil­le, reeds in 2008 ge­bou – op ’n baie knap be­gro­ting. Zirk, ’n ar­gi­tek, het al­les self ge­doen. “Ons wou ’n de­li-ge­voel met los meu­bels skep. Al die kas­te kan dus rond­ge­skuif word in­dien no­dig,” ver­tel hy. “Daar moes plek wees vir boe­ke, oop rak­ke vir daag­lik­se ge­bruiks­wa­re en ook vir mooi­goed.”

’n Moet was ’n groot ei­land waar­om hul­le kon kui­er – in hul­le ge­val ont­werp rond­om die los­staan­de stoof. ’n Be­slis­te nee was e­nig­iets “flashy” en har­de of koue op­per­vlak­ke soos gra­niet.

“Ons hou van hout,” ver­tel Zirk. “Die werk­vlak­ke is som­mer ook ons kap­plan­ke. Ons is glad nie be­kom­merd oor mer­ke op die blaaie nie. Dit sal an­der men­se dalk pla, maar vir ons gee dit ka­rak­ter.”

Die kom­buis van so­wat 16 m² vorm deel van die oop­pla­neet­ka­mer waar Zirk en C­har­né graag vrien­de ont­haal. ’n In­ge­bou­de kag­gel hou die ver­trek ge­sel­lig warm in die win­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.