DIE OP­LOS­SING

Tuis - - RAAD -

Tuis se self­doen­me­de­wer­ker en sti­lis S­hel­ly Bergh ant­woord As ruim­te be­perk is, is dit be­lang­rik om el­ke be­skik­ba­re sen­ti­me­ter slim te be­nut, in­slui­tend die vloer en die mu­re tot bo teen die pla­fon. Hier is ’n paar voor­stel­le:

1

KLEUR EN DE­KOR ’n Mi­ni­ma­lis­tie­se S­kan­di­voor­koms met ’n een­vou­di­ge wit pa­let en tit­sels grys en na­tuur­li­ke hout sal goed lyk in e­ni­ge seuns­ka­mer, on­ge­ag hul ou­der­dom; en só hoef jy nie el­ke paar jaar die ka­mer heel­te­mal te ver­an­der nie! Swart e­le­men­te in die by­kom­stig­he­de, soos die stoe­le en lam­pe, sal die ka­mer de­fi­ni­sie gee. Verf al die mu­re en pla­fon wit en skep ’n ak­sent­muur met ’n lig­te grys­blou soos Du­lux Qu­artz F­lint 3.

Kies ook wit vir die bed­de­goed, kas en blin­ding. Jy kan tit­sels kleur in­bring met hul guns­te­ling­ka­rak­ters op by­kom­stig­he­de soos strooi­kus­sings, maar moet liefs nie ’n he­le du­vet­stel koop nie, want te veel hel­der kleu­re sal ’n klein ka­mer net nog klei­ner laat voel.

2

BÊ­RE­PLEK In­dien moont­lik kan jy die 2 m breë in­ge­bou­de kas ver­deel in twee sek­sies van 1 m, so­dat el­ke seun sy eie ruim­te het; voeg twee laaie on­der el­ke sek­sie in vir ek­stra pak­plek (sien skets oor­kant). Ge­bruik bê­re­bok­se op die nu­we muur­rak­ke en on­der die bed. Ha­ke ag­ter die deur en aan die bed se voe­ten­ent sal voor­kom dat hand­doe­ke, jas­se en skool­sak­ke op die vloer be­land.

3

PO­SI­SIE VAN DIE MEU­BELS Dis ’n won­der­li­ke i­dee om te be­lê in sta­pel­bed­dens. Ek stel voor jy sit dit in die leng­te af langs die ak­sent­muur met die kop­pen­ent teen die muur met die ven­ster. Ge­bruik swart rak­re­lings en -stut­te om rak­ke teen die muur langs die deur op te sit. In­stal­leer die rak­re­lings van die pla­fon tot die vloer met vyf 30 cm-den­ne­hout­rak­ke vir pak­plek.

Een van die rak­ke (min of meer in die mid­del van die rak­hoog­te) be­hoort ge­noeg plek te hê vir ’n plat­skerm-TV – maak dit só staan dat al­bei seuns dit van hul bed kan sien. Die on­der­ste rak kan as les­se­naar in­ge­span word en be­hoort 60 cm breed en 76 cm hoog te wees; ge­bruik gro­ter stut­te om die ek­stra ge­wig te dra.

Ons stel ook voor jy hang die deur so­dat dit na die teen­oor­ge­stel­de kant (op die kas) oop­maak, an­ders sal dit voel of die les­se­naar en rak­ke in ’n be­knop­te hoe­kie ag­ter die deur weg­ge­steek is. Voeg les­se­naar­lam­pe by en kies stoel­tjies son­der rug­leu­nings so­dat dit net­jies on­der die les­se­naar kan in­skuif wan­neer dit nie in ge­bruik is nie.

’n Mat voor die bed sal lek­ker sag­te sit­plek bied vir die kin­ders om te speel. Ver­vang die gor­dy­ne met ’n een­vou­di­ge wit rol­blin­ding wat in die re­ses van die ven­ster pas; dit sal min­der bon­kig lyk.

KON­TAK shel­ly­bergh@gmail.com

1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.