Grys­ge­bied

Tuis - - RAAD -

I­sa­bel­la de Vil­liers van Jon­gens­fon­tein skryf Ons het uit­ein­de­lik die huis van ons dro­me! Ek wil graag al die bin­ne­mu­re verf voor ek weg­spring met die mooi­maak en het be­sluit op grys – kies ek een met ’n warm of koue on­der­toon? Ek hou per­soon­lik van Du­lux Mi­ne­ral Ha­ze. Kan ek die pla­fon­ne en mu­re in die­self­de kleur verf, of is dit be­ter dat die pla­fon­ne ’n lig­ter ska­ke­ring as die mu­re is?

Li­sa S­paar­wa­ter van Le­mon & Li­lac Paint Techni­ques ant­woord Grys met ’n warm on­der­toon is beslis be­ter, an­ders kan dit koud en een­di­men­si­o­neel lyk. ’n Grys ska­ke­ring met ’n groen on­der­toon sal jou hout-af­wer­kings lief­lik kom­ple­men­teer. Ek dink Mi­ne­ral Ha­ze is te koud vir jou ruim­te; pro­beer lie­wer Du­lux G­rey Steel – dis be­skik­baar in ’n reeks ska­ke­rings (van lig tot don­ker) en jy kan dit op ver­skil­len­de op­per­vlak­ke soos die bin­ne­deu­re en fo­kus­mu­re ge­bruik om kon­tras te skep. Oor­weeg ook Du­lux Dus­ted Moss 1–4; dié gry­se het ook ’n groen on­der­toon en sal won­der­lik lyk saam met hout. Vir ’n lig­ter ge­voel stel ek voor jy verf die pla­fon­ne wit of ’n lig­ter ska­ke­ring as die mu­re.

Om al die grys te breek, kan jy jou ver­trek­ke op­kik­ker met kleur. S­pring maar in met die verf­kwas­te – verf al­les van kom­buis­kas­te tot slaap­ka­mer­deu­re, fo­kus­mu­re, kop­stuk­ke en laai­kas­te. Ge­niet die pro­jek!

KON­TAK le­mon­li­lac.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.