Tuis­ge­bak­te hap­pies

Tuis - - RAAD -

Le­ti­tia Ma­son van Jo­han­nes­burg skryf Ek be­derf my hon­de graag met koe­kies, en ver­kies tuis­ge­maak­tes bo dié in die win­kel. Is daar ’n een­vou­di­ge re­sep wat nie pre­ser­veer­mid­dels be­vat nie?

Il­ze Fou­rie van Ro­gue’s Paw­so­me Ba­ke­ry

ant­woord Ek be­derf graag my S­taf­fords­hi­re­bul­ter­ri­ërs, Ro­gue en Dra­go, met koe­kies en an­der hap­pies. Maar Dra­go het on­langs ’n al­ler­gie­se re­ak­sie op se­ke­re kos­se ont­wik­kel – hy het be­gin jeuk en was nie ’n ge­luk­ki­ge brak nie.

Ty­dens op­lei­ding word Dra­go beloon met kou­hap­pies as deel van die pro­ses van po­si­tie­we ver­ster­king en na­dat sy al­ler­gieë sy op­lei­ding be­gin be­ïn­vloed het, het ek an­der re­sep­te be­gin be­proef.

Dit was ’n uit­da­ging om ’n kom­bi­na­sie te kry wat smaak­lik en vei­lig is om te eet. Ná ’n paar pro­beer­slae het ek be­sluit op ’n kom­bi­na­sie van klap­per­o­lie en grond­boon­tjie­bot­ter. Klap­per­o­lie is goed vir jou troe­tel­die­re se vel en pels, en die bie­tjie wat ek by­voeg, bring ver­lig­ting vir Dra­go se ge­jeuk.

Die re­sep hier­on­der is Dra­go en Ro­gue se guns­te­ling-kom­bi­na­sie – jy kan dit in die ys­kas of vries­kas bê­re.

Be­stand­de­le

• 500 g vol­ko­ring­meel • 100 g ha­wer­mout • 2 ei­ers • ½ kop­pie grow­we grond­boon­tjie­bot­ter (maak se­ker dit be­vat nie xi­li­tol nie – dis gif­tig vir die­re) • 2 eet­le­pels klap­per­o­lie (on­ge­geur)

Me­to­de

1 Meng die meel, ha­wer­mout, ei­ers en grond­boon­tjie­bot­ter. 2 Los die klap­per­o­lie in warm wa­ter op. 3 Roer dit by die meel­meng­sel in. 4 Roer koue wa­ter by tot dit ’n sty­we deeg vorm.

5 Rol die deeg uit en sny vorms van jou keu­se uit.

6 Bak in ’n voor­ver­hit­te oond teen 180 °C vir so­wat 25 mi­nu­te of tot bros. KON­TAK ro­gue­spaw­so­me­ba­ke­ry.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.