Wei­ge­la (Wei­ge­la flo­ri­da ‘Va­rie­ga­ta’)

Tuis - - TUIN -

Wei­ge­la, ’n ou­wê­reld­se struik, blom oor­vloe­dig in die len­te tot vroeg in die so­mer. Selfs la­ter in die so­mer sal dit nog hier en daar ’n paar blom­me dra. Dié ge­har­de strui­ke blom in wit en ska­ke­rings van pienk – van lig­roos tot ma­roen en selfs pers.

Die plant het ’n reg­op groei­wy­se en maak lang lo­te van sy ba­sis af. Die blom­me ver­skyn aan die boon­ste helf­te van die lo­te, wat met ver­loop van tyd ver­tak en dan on­der­toe buig. Dit gee aan die bos ’n oor­han­gen­de voor­koms.

Wei­ge­las aard goed in stre­ke met ’n hoë so­mer­re­ën­val en koel tot koue win­ters. Dit flo­reer in vol­son of half­ska­du­wee – in vol­son sal dit meer blom, maar in war­mer, dro­ër de­le is dit be­ter om dié struik in half­ska­du­wee te plant. Wei­ge­las vra nie veel aan­dag nie, maar moet ver­al in die so­mer nat ge­hou word. Hul­le hou van goed ge­drei­neer­de, kom­pos­ry­ke grond. Om die strui­ke net­jies te hou, kan hul­le ge­snoei word; doen dit net ná blom­tyd. Wei­ge­la blom op ou hout en hoe lan­ger jy wag om te snoei, hoe gro­ter is die kans dat jy tak­ke gaan af­sny waar­op dit die vol­gen­de len­te sou blom. Gee die struik kom­pos en ’n ge­ba­lan­seer­de be­mes­ting in die win­ter vir sterk groei ná blom­tyd. Wei­ge­las is re­de­lik siek­te­be­stand en plaag­vry.

Met sy veel­kleu­ri­ge bla­re is dié wei­ge­la-kul­ti­var selfs bui­te sy blom­tyd ’n fo­kus­punt in die tuin.

Bron­ne Maak tuin saam met Keith Kir­sten deur Keith Kir­sten; Die Suid-A­fri­kaan­se Wat­ter blom is dit? deur K­ris­to Pie­naar; Re­a­der’s Di­ge­st A South A­fri­can Gar­den for All Se­a­sons met hoof-me­de­wer­ker Jen­ni­fer God­bold-Simp­son; My Fa­vou­ri­te Plants deur Una van der S­puy; gar­de­ning­kno­w­how.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.